19 April 2010

Vriende!

Henry se vriend is al Donderdag huis toe, en my vriendin gaan more. Ek gaan tjank! Sy’t my lewe 'n fees gemaak en om met haar te kuier is 'n fees! BFF: Best Friends Forever, dis presies wat ons is!

Wel haar ma-hulle het gister gekom en slaap oor. Ons het vandag op die sandplaas gaan braai, en lekker nat gereën en sand geëet!!! Maar as jy daar eet en nie sand in jou kos kry nie, het jy nie rêrig geëet nie!!!

Hier is 'n paar foto’s:

My skilder-mooi-foto...
Gereed vir aksie...
Ek, die bobejaan...
Hul kleintjie en Johan...
Agt kinders...
... en vier grootmense. 'n Wandeling in die bos...
Die klein reënboog...

No comments:

Post a Comment