14 April 2010

Varke!!!!

Toe ons gisteraand by die huis kom het ons beeste toe gegaan om seker te maak dat hulle darem nog op hul plek is, toe kry ons 3 bosvarke in die mielies! Besig om die wins op te vreet!! Toe skiet my oom hul met die pistool, hy’t al my senuwees op 'n knop gehad! Dis kwaai varke daai! EN hy wil hul op die grond met sy pistool skiet!!!

Wel vanaand was ons weer uit... En het weer 'n spul gekry en 2 geskiet. Ek kan nie wag tot ek my eerste vark skiet nie!!! Julle mag dalk dink eks wreed, maar dis ons wins waarmee ons moet leef wat hulle opvreet!! En soos wat graanpryse sak en petrol en kunsmis en gif ens klim.... Mag die vervlakste varke nie die wins opvreet nie!!

No comments:

Post a Comment