26 June 2011

My creative brain...

As ek 'n rede kry om my stokperdjie te doen, vat ek hom met alby hande vas!!
My tannie kom kuier nogal gereeld hier, dis nou as sy nie in die pakstoor werk nie. En ek het saam met haar gesit en scrapbooking doen dat dit bars! Dis 'n LEKKER tyd!!
Ek het 'n kuns talent van God af gekry, wat ek dalk meer aan moet werk.
Laat ek by my eintlike storie kom! My ouma bel na my ma se foon toe, ek antwoord toe, oordat my ma besig was, gee my ouma vir my die boodskap om vir my ma te gee. Die boodskap was dat my ouma-hul na hul my oom (van New Zealand) opgelaai het by die lughawe, na ons toe gaan kom en die aand by ons oorslaap!! Ek was so te sê geskok tot op my been! WAT!? Kom my oom SA toe!? Ek het op en af gespring, vir alles en almal gesmile, en my arme Pa teen die mure uit gedryf!!
My ma en haar boetie.
Ek het toe dadelik net een ding op my brein (skool kan gaan vlieg), ek gaan vir my drie nefies en twee niggies elkeen 'n scrapbook-kaartjie-boekie ding maak.
Die vier seuns en my oom trek 'n bobejaan-gesig!! LOL!!!
Ek het begin deur al vyf te vou en toe te plak. Daarna het ek die boodskappies getik en die foto's gesoek. Toe het ek die voorblaaie gemaak en die boodskappies geprint en geplak. Ek het die Bybel alfabet in 'n wiel in elke boekie gesit. Toe het ek die foto's laat maak en toe kuier my tannie weer hier. Sy het gehelp foto's plak ('n maand na my oom hier aangekom het) en tags maak, ons was net-net betyds klaar dat my oom dit kon saamvat New Zealand toe. Dit was vir my vreeslik om daai stukkie van my, wat 'n hele maand lank my misie was en amper elke dag se werk, te moes wegstuur, net toe ek dit klaar gemaak het, ek kon nie eers eenkeer daaroor slaap en trots wees nie. Maar nou, nou is dit saam met bitter baie liefde by die ontvangers, die mense waarvoor ek dit gemaak het!!
Ons vier kinders saam met my oom!
Gaan kyk gou langsaan na die slideshow.

19 June 2011

My Level 3 jaar...

 My eerste Level 3 kompetisie was by TSG. Ek het myself verbaas en silwer algeheel gekry! Die foto is op vloer geneem, waar ek in my candlestick 'staan'.
 Met die Limpopo kompetisie het sesde (en laaste) in my ouderdomsgroep gekom. My spronge het my algehele punt laag gemaak. Tog is ek deur na North Zone. Die foto is geneem net voor my stradle-sprong.
Dit was vrek koud met Nort Zone! Weer het ek myself verbaas en is sesde van tien! Ek het voor elke reeks gebid, maar voor vloer was dit bietjie dol en ek het nie gebid nie. My vloer was totale chaos! Wys jou net, God sal help vra jy net! Die foto is geneem aan die begin van my vloerreeks.
Na die yskoue North Zone kompetisie, terwyl die prysuitdeling aan was.


Dankie Heer vir 'n wonderlike gimnastiek-jaar!!