27 August 2011

Wildtuin naweek

Ons was laasnaweek saam my pel in die wildtuin. Net vir die naweek. 
Ons het lekker vroeg die Vrydag-oggend gery en net  mooi met sonsopkoms naby Tzaneen gekom. Dit was baie mooi soos die son opkom oor die mis.
Ons het die oulike nag aap (hy is 'n aap, want die "ie" pas nie by die grote van sy lyf nie) elke aand dopgehou as hy van tak tot tak spring.
Die klein hiënas so lelik soos hulle is, so oulik is hulle ook. En daar is niks so lekker soos om die son te sien sak nie (ek moet nog 'n sonsak post maak!).
Ek is gek oor voëls afneem, dit het 'n challenge wat nie met diere daar is nie.
Selfde met klein diertjies! Daar is net iets aan hulle wat dit lekker maak om af te neem. Behalwe dat ek die naweek om, afgeneem het, het ons "onder die hond se stert" gespeel, lekker gelag, van ysies  geleef en lekker na 21h00 langs die swembad gelê en gesels. O ja en 'n moon-tan gevang!!
Ons het Sondag oggend gou skuiling toe gegaan en vir die water gekyk, terwyl ons lekker warm koffie drink en beskuit eet.
LOL, dag een, ons was skaars in die wildtuin, of daar is 'n olifant in die pad. Ekt nie twee keer gedink nie en ek skree, "spinnekop in die pad!!" Dit was die grap van die naweek! Ek is baie lief vir Letaba kamp, moenie vra hoekom nie, ek is net. Dalk omdat dit die eerste kamp was waar ek rerig die wildtuin beleef het. En dit saam met oupa en ouma was. Tot een keer saam met my oom (van NZ)!
Die rivier-lewe lyk so aanloklik, veral as dit so vrek warm is! Ons het 'n enorme krokkie gesien, en lank vir die koedoes sit en kyk, soos hulle modder met hulle horings uitgrou.
Ons het tot 'n gepoachde renoster gesien. Daar is glo nog een, maar ons het hom nie gesien nie. Gelukkig het ons 'n trop renosters gesien. Ek is so bly daar is darem nog!
Die twee sussien, altwee in hul verpesde kleur! Ergste is ons lyk nog goed daar in ook!
Die laaste dag oppad uit het ons by Olifants gestop en roomys en 'n bottel coke gekoop en 'n bestelling ingesit vir hamburgers en tjips. Hahaha en toe almal nou 'n draai in die badkamer moes gaan maak (wat ek al vroëer gedoen het) kry ek die hamburgers en die coke. Daar staan ek langs die deur en wag vir almal om klaar te maak. Op 'n staduim stap 'n tannie verby en sê "duidelik baie honger" en sy knipoog en së "julle moet dit geniet!"

09 August 2011

Braai boudjies...

As jy van foto's neem hou, voel dit later of jy al als afgeneem het. Dan begin jy goed soek om af te neem. Met die dat ons 'n naweek gaan wegbreek, kom ek in die garage waarin ons die kamp-waentjie getrek het. Raai wat sien ek daar....? Massas hout en 'n enorme swartpot!! Haai hier gaan ek die kleintjies nog kom afneem en nie lank nie of ek het hulle daar in die pot in... Ek is mal oor al die gesiggies!!
My nefie - die beste gesig van almal!!
My kleinste boetie - hy was nogal ongemaklik...

My middelste boetie - seker die malste een!?
Dan die laaste foto is deur een van die sluise van 'n leë wa geneem.
My nefie - in die wa.