Showing posts with label Wegbreek. Show all posts
Showing posts with label Wegbreek. Show all posts

27 August 2011

Wildtuin naweek

Ons was laasnaweek saam my pel in die wildtuin. Net vir die naweek. 
Ons het lekker vroeg die Vrydag-oggend gery en net  mooi met sonsopkoms naby Tzaneen gekom. Dit was baie mooi soos die son opkom oor die mis.
Ons het die oulike nag aap (hy is 'n aap, want die "ie" pas nie by die grote van sy lyf nie) elke aand dopgehou as hy van tak tot tak spring.
Die klein hiënas so lelik soos hulle is, so oulik is hulle ook. En daar is niks so lekker soos om die son te sien sak nie (ek moet nog 'n sonsak post maak!).
Ek is gek oor voëls afneem, dit het 'n challenge wat nie met diere daar is nie.
Selfde met klein diertjies! Daar is net iets aan hulle wat dit lekker maak om af te neem. Behalwe dat ek die naweek om, afgeneem het, het ons "onder die hond se stert" gespeel, lekker gelag, van ysies  geleef en lekker na 21h00 langs die swembad gelê en gesels. O ja en 'n moon-tan gevang!!
Ons het Sondag oggend gou skuiling toe gegaan en vir die water gekyk, terwyl ons lekker warm koffie drink en beskuit eet.
LOL, dag een, ons was skaars in die wildtuin, of daar is 'n olifant in die pad. Ekt nie twee keer gedink nie en ek skree, "spinnekop in die pad!!" Dit was die grap van die naweek! Ek is baie lief vir Letaba kamp, moenie vra hoekom nie, ek is net. Dalk omdat dit die eerste kamp was waar ek rerig die wildtuin beleef het. En dit saam met oupa en ouma was. Tot een keer saam met my oom (van NZ)!
Die rivier-lewe lyk so aanloklik, veral as dit so vrek warm is! Ons het 'n enorme krokkie gesien, en lank vir die koedoes sit en kyk, soos hulle modder met hulle horings uitgrou.
Ons het tot 'n gepoachde renoster gesien. Daar is glo nog een, maar ons het hom nie gesien nie. Gelukkig het ons 'n trop renosters gesien. Ek is so bly daar is darem nog!
Die twee sussien, altwee in hul verpesde kleur! Ergste is ons lyk nog goed daar in ook!
Die laaste dag oppad uit het ons by Olifants gestop en roomys en 'n bottel coke gekoop en 'n bestelling ingesit vir hamburgers en tjips. Hahaha en toe almal nou 'n draai in die badkamer moes gaan maak (wat ek al vroëer gedoen het) kry ek die hamburgers en die coke. Daar staan ek langs die deur en wag vir almal om klaar te maak. Op 'n staduim stap 'n tannie verby en sê "duidelik baie honger" en sy knipoog en së "julle moet dit geniet!"

14 December 2009

Loskopdam

Wat is mooier as water wat oor ‘n damwal loop? Ek dink niks. Ons het vandag gaan foto’s neem by Loskop! Dis awesome! Ek het met my oudste neef gereël dat ons by hulle gaan koffie drink as ons klaar foto’s geneem het. Op pad dam toe, toe gesels ek en my kleinniggie (my ma se neef se dogter), hulle was toe by hul huis in Kranspoort, toe gaan drink ons daar koffie en daarna toe gaan ons na my neef-hulle koffie. Dis soos altyd lekker om net gou weg te kom van die huis af en as ek my neefs se gesigte sien, sit hulle die kersie op die koek!