10 August 2010
*Ninjas en Fireflies*
14 May 2010
My derde keer...
My derde keer wat ek coach en ek dink nie ek gaan hierop volg nie... Dit is baie lekker maar saam met die skool, gimnastiek en alles deur spook ek om op my blog te kom skryf (en party maal is ek net nie lus om nog een woord te skryf nie).
Wel, laat ek begin, hoe gouer hoe beter! Ek het vandag met die kleintjies voor-oor-rolle en agter-oor-rolle gedoen, julle die kleintjies is te oulik vir woorde! Maar nogmaals geniet ek elke oomblik! En dan moes ons weer buite op die gras geoefen het, want die skool geruik die saal vir ander goed op die oomblik... Dis lekker, maar dit raak boring om heeltyd/die hele tyd op die vloer te werk en nie een apparaat
24 April 2010
Tweede keer!!
Vandag het die saal darem baie beter gelyk! En ons kon weer in die saal werk! My coach het gesê ek moet weer 'n bietjie spronge en brug/rekstok met die kleintjies doen, want sy het dit lank terug met hulle gedoen.
Ons het bietjie op brug/rekstok gewerk, julle daai klein lyfies op die groot apparaat is te cute vir woorde! En ons het strek-sprongetjies gedoen en ster-sprongetjies. Toe het ons 'n paar vooroor-rolletjies gedoen en toe S-T-O-P stop gespeel vir die laaste 2 minute... Die tyd het nogal gevlieg! Toe ek weer kyk toe is ons al 'n uur besig!
Ek het dit so geniet. Ek dink gimnastiek is die wonderlikste sport op aarde! EN as jy sulke coaches soos ek het is dit nog beter en lekkerder!!!
16 April 2010
My eerste coach uur!
Julle ek het vandag die eerste keer rêrig gecoach... My vriendin coach al 'n rukkie en het my gehelp met idees. En sy’t self ook help coach!
Toe ons by die saal kom toes die hele plek vol stof en stukke van die plafon en dis net 'n gemors! die apparate was afgeslaan en niks was reg nie! Toe het ons buite gaan oefen...
My coach het die kinders laat opwarm terwyl ek en my vriendin gaan kyk het hoe die saal lyk. Toe ons terug gekom het, het ons die kleintjies laat lopies doen en my coach het bietjie met hulle vooroor-rolletjies laat doen. Toe het ons hulle in 'n sirkel laat hardloop en vir hulle opdragte gegee om te doen (bv. raak jou tone, doen 'n paar sit-ups ens), wanneer ons, ons hande klap.
Na dit het ons gaan aantree en toe speel ek met hulle daai wat jy vir hulle sê raak jou maag en jy raak ook jou maag ens, en dan op 'n punt sê jy raak jou tone of what ever, maar jy raak op 'n geheel ander plek as jou tone, bv. jou neus... Ons het lekker gelag vir hulle!
Dit was 'n lekker dag en ek
11 April 2010
GL course
Ek was die naweek op 'n GL (Gymnastics Leader) course! Die een coach van ons club het die facilitators course 'n maand of so terug gedoen. Hy en die ou ('n coach van 'n ander club) wat saam met hom die kursus gedoen het, moes 'n kursus aanbied. Ek is al 'n paar keer genooi om 'n kursus by te woon, maar elke keer is ons te min om dit die moeite werd te maak.
Die kursus is toe in ons eie saal en ons coach is ook daar, wel, dis net bekend! Ek stres my gewoonlik siek as ek nie weet wat ek moet verwag nie.
Die kursus was uit en uit die moeite werd! My een vriendin het ons Donderdag opgelaai en sy kuier tot volgende naweek, so sy was saam, gelukkig was die relings vir by die kursus nie so erg nie want een van haar coaches was daar om die kursus te ly. En ek dink hy is rêrig goed!
Ek het nog die Donderdag aand vir slaapplek vir my en my vriendin gereël en die Vrydag middag het die kursus begin en vandag het ons klaar gemaak! Nou het ek nog 'n paar vrae om deur te werk, en nege ure se fisies coach, ek
Ek sal weer en weer kursusse bywoon! Veral as my vriendin se coach en my coach en die ander coach daar is! Hulle maak die gimnastiek sommer meer opwindend! Dit was rêrig BAIE lekker!
En die kuier by my coaches was net so lekker!!! Thanks julle!!!!