16 April 2010

My eerste coach uur!

Julle ek het vandag die eerste keer rêrig gecoach... My vriendin coach al 'n rukkie en het my gehelp met idees. En sy’t self ook help coach!

Toe ons by die saal kom toes die hele plek vol stof en stukke van die plafon en dis net 'n gemors! die apparate was afgeslaan en niks was reg nie! Toe het ons buite gaan oefen...

My coach het die kinders laat opwarm terwyl ek en my vriendin gaan kyk het hoe die saal lyk. Toe ons terug gekom het, het ons die kleintjies laat lopies doen en my coach het bietjie met hulle vooroor-rolletjies laat doen. Toe het ons hulle in 'n sirkel laat hardloop en vir hulle opdragte gegee om te doen (bv. raak jou tone, doen 'n paar sit-ups ens), wanneer ons, ons hande klap.

Na dit het ons gaan aantree en toe speel ek met hulle daai wat jy vir hulle sê raak jou maag en jy raak ook jou maag ens, en dan op 'n punt sê jy raak jou tone of what ever, maar jy raak op 'n geheel ander plek as jou tone, bv. jou neus... Ons het lekker gelag vir hulle!

Dit was 'n lekker dag en ek kan nie wag vir volgende week nie!!!

No comments:

Post a Comment