28 June 2009

“Amazing”

My kompetisie was “amazing” ek kan glad nie wag tot volgende jaar nie!!!

Ek is 10de!!! My totale punt is 39.00! Vault 8.75, bars 9.00, beam 8.45, floor 8.70, skill 4.1! (die punte is byhttp://www.cgclub.co.za/pages/competition-info.php onder north zone competition boys and girls results)

Ek wens ons het deur die vakansie gimnastiek, maar dit is nie prakties nie… ;(

Ek kan nie wag tot na die vakansie nie! Dan begin die gimnastiek weer!

07 June 2009

Woman artistic gymnastics

Ek is deur North-Nationals toe!! Met my Gimnastiek. Ek is 7de met die Limpopo kompetisie, dit was laas naweek. Wel ek was SO verras! Want ek is met niks (nie een van die items), een van die 3 boonstes nie. Toe die tannie sê dat ek 7de is, het ek eers van “skok” gevries (ek het glad nie verwag dat ek sou deur gaan nie), toe my brein in aksie kom, gebeur alles baie vinnig. My totale punt is 9.65! Ek is bly ek is deur, maar ek sê “dankie Here.” En ook “baie dankie aan al diecoaches wat help by die gimnastiek, hulle sit almal na aan my hart!” Die ‘hoof’ was nie daar nie en toe sy net voor sy gevlieg het vir ons sterkte sê was ek amper in trane! Dit was vir my erg, maar sy het ons baie sterkte toe gewens en ek het kans gesien om sonder haar in die direkte lug op te gaan, so ‘n kwartier voor ons moes opstap het ek haar baie gemis. Gelukkig is daar genoeg ander gewees om in te staan vir haar!

Ek wens my vriendin kon ook deur gaan, want sy het van die balk afgeval toe is haar balk punte te laag om haar deur te laat gaan, ek was so “sad” daaroor. Ek sal Norht-Nationals toe gaan met ‘n gat in my hart, ek sal so baie aan haar dink, sy wou nie eers staan vir ‘n foto om vir die ‘hoof’ te stuur nie, gelukig het sy later ingestem!!!
Ek sal gimnastiek nooit los sonder ‘n goeie rede nie, ek sal ook nie ons klub kan los sonder ‘n BAIE goeie rede nie, ek is te lief vir almal daar!

05 June 2009

Ek en my “ski-pant”

Ek is reeilik lief daarvoor om met my “ski-pant” te oefen, seker maar omdat ek daaraan gewoond is. Omdat dit so na aan die Limpopo kompetisie is het mycoach besluit om ons sonder ons “ski-pants” (net met die leotards) te laat oefen. Julle dit voel so snaaks! Dit voel amper of jy sonder ‘n broek loop (ek hou niks van ‘n romp nie, want dit voel of ek nie klere aan het nie, so ek trek altyd ‘n “ski-pant” onder die romp aan), die seuns en ons oefen saam so ek en my vriendin voel nog by dit alles skaam! Toe ons vandag moet groet, toe speel ons wegkruipertjie agter ons hande, toe sê die seuns se coach “julle lyk goed sonder julle ‘ski-pants.’” Ek is maar bly as ons in ons “ski-pants” kan opwarm… Gelukkig, na die kompetisie oefen ons weer in ons “ski-pants”.