Showing posts with label Fotografie. Show all posts
Showing posts with label Fotografie. Show all posts

03 April 2012

Liefie Lyfie my Duifie!

As my maatjies nou al vir my bondeltjies donse aandra!! 



 Die kleintjie se ma is geskiet (soos dit maar gaan op 'n saai plaas) en toe bring my vriendin vir my die kuiken.



 Dit was nie lank nie of sy was deel van die gesin.

Met 'n warmwatersak en 'n sagte handdoek is sy in die aand gelos (en as sy in die nag kriewel staan ek op en gaan maak die sak vol warm water).

Tweep tweep - kostyd!!

10 December 2011

Wit

Wit vertoon altyd sag, tot lig op dit val, dan word dit skerp... Wit laat my dink aan skoon, blink skoon. En die blomme laat my dink aan hoe groot God ook al is, hy maak fyn en klein goedjies. En hulle is so perfek!!
Bauhinia
 Ek onthou met Johan se doop, toentertyd so tien jaar terug was die boom se blomme aan die vrek kant, maar ek het blomme gepluk vir my ma...
Bauhinia
Toe ek klein was het ek baie met die bauhinia se blare gespeel. As die blare nie vlinders was nie, was daar 'n klompie in mekaar en was dit my Bybel...
Bruid van die Bosveld (Drolpeer)
 Die drolpeer kan rerig nie 'n bruid wees nie, ek dink nie daar was of sal ooit 'n bruid wees wat so stink nie! Wit mag dalk ooreenstem, maar niks meer nie!
Oupa se aster....
 Na 'n lang gesoek kry ek toe die blom se naam, nogal een of ander aster. Wel hoekom ek sê oupa se aster, is oordat my Oupa my Aster noem.
Dis 'n vieslike bossie se blom, maar die blom het my aandag getrek oor sy snaakse blaartjies!
Aarbei blomme
My ouma het klomp aarbei plantjies! Die blommetjies lyk altyd so mooi, maar dit is 'n gesukkel om 'n mooi een af te neem. Ek wens daar is soveel aarbeie soos wat daar blomme is!
Ammarilla
 Ouma het gevra ek moet die sneeu-wit kol in haar tuin gaan kyk, ek het net daar weer besluit, gryp die kamera sussie... En wel ek het 'n paar fototjies geneem!
Nuusskierige gesiggies
Die fototjie laat my dink aan 'n klein dogtertjie wat borrel van vreugde!

09 August 2011

Braai boudjies...

As jy van foto's neem hou, voel dit later of jy al als afgeneem het. Dan begin jy goed soek om af te neem. Met die dat ons 'n naweek gaan wegbreek, kom ek in die garage waarin ons die kamp-waentjie getrek het. Raai wat sien ek daar....? Massas hout en 'n enorme swartpot!! Haai hier gaan ek die kleintjies nog kom afneem en nie lank nie of ek het hulle daar in die pot in... Ek is mal oor al die gesiggies!!
My nefie - die beste gesig van almal!!
My kleinste boetie - hy was nogal ongemaklik...

My middelste boetie - seker die malste een!?
Dan die laaste foto is deur een van die sluise van 'n leë wa geneem.
My nefie - in die wa.

29 July 2011

Affodille!!

Winterkind... Dis lekker koud, en dan is die blomme so mooi, dit bring kleur, nogal 'n warm kleur die winter in.
Ou spinnekoppie
WINTERTUIN BLOM
deur Riane Venter

Affodil met jou geel oop bek
fluit vrolik hier jou lewenslied.
In winterkou en son so flou,
weerklink jou stem van hoop

Affodil jy's 'n blom van hoop
verkondig lewe al lyk dit grou 
n geel gewaad ons aan te bied,
die wintervaal met kleur te dek
Affodil jou goudgeel glimlag plooi
in sierlike kroon ,met kop omhoog
vang jy sonnestraal en tooi
die wêreld in 'n lushof vir die oog.

Affodil leer my ook hoop en krag
te ontmoet in elke nuwe dag
So vinnig gaan jou tyd verby
tog bly jou les van hoop my by.

Die kleinheid waar lewe ontstaan
 Kyk jy kan verby plate en plate blomme ry of loop en sê jy het dit gesien en dit was mooi. Maar dan jok jy eintlik, want die geheel was mooi, as jy elke blommetjie van naby beskou kan jy met eerlikheid se hy is mooi of nie. Selfde geld in die lewe, met jou verhouding met ander mense. Jy kan nie oordeel of iemand goed of sleg is voor jy nie saam met daai mense gewerk het en deur dik en dun is saam met hulle nie.
Drie... DIE getal

Helder skyn hy...
 Maak jy ook so 'n inpak op die mense wt jou sien? Staan jy ook so uit?
'n Bos blomme, net vir jou!
 Ek gee vir elkeen wat na aan my hart lê 'n warm geel blom.
Vir lewens... Hmmmmmm? LUS?
En vir die wat my blog lees, sommer 'n lewenslustige een ook.
Son straaltjie
Die was vir die snaaksgeid, maar dit het so mooi uitgekom dat ek dit net moet deel.
'n Liedjie net vir jou...

30 April 2011

Morning Glory

Vanoggend is staan ek stil by die heerlikheid van dagbreek, 'n nuwe dag. Ek kyk na die 'glory' uit verskillende hoeke uit. En vang ook 'n paar hoeke vas!  Kyk na die fynheid van alles en besef weereens hoe groot God is en hoe fyntjies hy ook geskep het! Die skepping is 'n wow!!
glory noun 1 fame and honour. 2 praise. 3 beauty; magnificence.
Glory to God in the highest, and on earth peace, good will toward men.
~ Luke 2:14 (KJV)
Glory ye in his holy name: let the heart of them rejoice that seek the LORD.
~ Psalm 105:3 (KJV)
Sien vandag die klein goedjies raak! Knip jou oog vir 'n klein goggatjie en spring op en af as jy goeie nuus kry, vra wat die rede is as jy dalk slegte nuus kry, bo alles hardloop iemand wat jy lief het onderste bo net vir 'n drukkie, en gee 'n geskenkie (al is dit net 'n grashalmpie!) aan iemand wat dit die minste verwag!

10 August 2010

Op die plaas...

Ek het 'n paar fotos die afgelope tyd geneem wat ek met julle wil deel... Ek is bly ek kan op die plaas bly! Dis 'n wonderlike plek en as jy wil vlug vir jou gedagtes, of die gebou, klim jy op jou fiets (ek wens ek kon sê perd, maar ons het ongelukkig nie sulke mooi diere nie...) en ry die vlaktes vol!
MieliesPaaie en draaie...BeesteBloekombomeEkHenry.Johan.In die huisie.Die ou huisie... Nou pakhuisie.Niks lyk instand!Sonsak...SonsondergangWit en swart, aand foto!Die seuns staan vir 'n foto.Ek is bored.Henry hulle klim die bloekombome.Ek spuit my gesig nat, na 'n warm rit.Saam met die seuns by die dam.