Ou spinnekoppie |
WINTERTUIN BLOM
deur Riane Venter
Affodil met jou geel oop bek
fluit vrolik hier jou lewenslied.
In winterkou en son so flou,
weerklink jou stem van hoop
Affodil jy's 'n blom van hoop
verkondig lewe al lyk dit grou
n geel gewaad ons aan te bied,
die wintervaal met kleur te dek
Affodil jou goudgeel glimlag plooi
in sierlike kroon ,met kop omhoog
vang jy sonnestraal en tooi
die wêreld in 'n lushof vir die oog.
Affodil leer my ook hoop en krag
te ontmoet in elke nuwe dag
So vinnig gaan jou tyd verby
tog bly jou les van hoop my by.
Die kleinheid waar lewe ontstaan |
Drie... DIE getal |
Helder skyn hy... |
'n Bos blomme, net vir jou! |
Vir lewens... Hmmmmmm? LUS? |
Son straaltjie |
Die was vir die snaaksgeid, maar dit het so mooi uitgekom dat ek dit net moet deel.
'n Liedjie net vir jou... |
No comments:
Post a Comment