Plaasjapie

Dis ek die rowwe jack!!! Ek is ‘n homeschooler, in my tienerjare. ‘n Christen wat haar bes probeer om op God se pad te bly, wat nie altyd maklik is nie…
Ek doen gimnastiek!  En is gek daaroor! Ek kan nooit wag vir oefen dae nie! Ek is mal oor foto’s neem en scrapbooking doen! Pienk en pers is nie my kleur nie, maar om die res van die familie gerus te stel het ek 'n paar stukkies pienk in my kas. Blou en groen is my kleure! Ek is een wat modes dophou, maar nie altyd daarvoor val nie, 'n jean is die beste, saam met 'n t-hemp (net asb nie te styf nie!), anders sommer iets tussen 'n rugby broek en 'n kniebroek, of sommer alby! Ek is mal oor baie sakke aan my broeke!! Wit chocolates is my favorite sweet (al is ek allergies vir melk). Coke my favorite koeldrank en vita snacks my favorite soutigheid.
Ek is mal oor die plaas, as mense vir my vra of ek nooit makeup dra nie, dan sê ek “Jong voor ek makeup dra, smeer ek eerder my gesig vol modder, kalfie spoeg of iets bietjie meer plaas! Ek hou niks daarvan as mense iets voorhou nie en makeup laat my dink aan om iets voor te hou wat jy nie werklik is nie! God het jou gemaak soos jy lyk as jy uit die bed uit opstaan, sonder makeup. Dalk vorentoe besluit ek om daaraan te raak maar nou is dit soos 'n vuur en ek raak nie daaraan nie! Dit gee my sommer 'n rilling teen my rug af,” Room, makeup, rokke (dit voel of mens nie klere aan het nie!), rompe en naaldwerk kom nie naby my uit my vrye wil nie! Frille en valle, hoëhakskoene ook nie! Eeuw! Daarvoor is daar boots, gumboots, tekkies, jeans en t-hemde. Kakie klere pas ook mooi in die prentjie. Fietse is daar vir jaag en oefening, bakkies vir die leer van bestuur, quads vir die fun, perde om naby aan God se skepping te wees. Okay, ek kan nie stry nie ek kan kook, bak en versier, van koeke en eetgoed tot tafels en tuine, (dis nog als lekker) ek werk as ek lus is in die tuin, wel daar is grond, water en modder betrokke, so go for it girl! By dit als is ek vrek bang vir spinnekoppe en olifante. Met spinnekoppe gril ek my dood en spring op die naaste stoel of tafel. Met olifante druk ek my kop onder iets in. Met ‘n olifant sal ek dalk nog kan saam leef, maar ‘n spinnekop!?!?!?
Los hare is irriterend (dit laat my voel of ek in spinnerakke toe gedraai is), tog dra ek my hare partykeer los, veral as dit moet droog word. Vlegsels is swaar, twee ponies is net so ‘n plaag, dis erger as ‘n vlieg of muskiet in jou ore, op lekker warm somers dae dra ek 'n half ponie, anders is dit ‘n STYWE ponie en klaar! Ek is baie bly ek is sterk en soepel, dit help my baie met die goed wat ek als aanvang en doen op die plaas of sommer met die fotografie. Daarvoor dank ek al my gimnastiek coaches! Ek is nie verniet so ‘n rowwe jack nie, ek het drie nefies (twee van hulle qualify nie meer as nefies nie, maar as neefs) en dan die ander deel van die familie het ek nog nooit gesien nie, daar is drie nefies en twee niggies… EN my drie broers! Dis ek die rowwe jack, die plaasjapie, die mal girl. Geniet my blog! Die deeltjie wat ek met julle deel!