10 December 2011

Wit

Wit vertoon altyd sag, tot lig op dit val, dan word dit skerp... Wit laat my dink aan skoon, blink skoon. En die blomme laat my dink aan hoe groot God ook al is, hy maak fyn en klein goedjies. En hulle is so perfek!!
Bauhinia
 Ek onthou met Johan se doop, toentertyd so tien jaar terug was die boom se blomme aan die vrek kant, maar ek het blomme gepluk vir my ma...
Bauhinia
Toe ek klein was het ek baie met die bauhinia se blare gespeel. As die blare nie vlinders was nie, was daar 'n klompie in mekaar en was dit my Bybel...
Bruid van die Bosveld (Drolpeer)
 Die drolpeer kan rerig nie 'n bruid wees nie, ek dink nie daar was of sal ooit 'n bruid wees wat so stink nie! Wit mag dalk ooreenstem, maar niks meer nie!
Oupa se aster....
 Na 'n lang gesoek kry ek toe die blom se naam, nogal een of ander aster. Wel hoekom ek sê oupa se aster, is oordat my Oupa my Aster noem.
Dis 'n vieslike bossie se blom, maar die blom het my aandag getrek oor sy snaakse blaartjies!
Aarbei blomme
My ouma het klomp aarbei plantjies! Die blommetjies lyk altyd so mooi, maar dit is 'n gesukkel om 'n mooi een af te neem. Ek wens daar is soveel aarbeie soos wat daar blomme is!
Ammarilla
 Ouma het gevra ek moet die sneeu-wit kol in haar tuin gaan kyk, ek het net daar weer besluit, gryp die kamera sussie... En wel ek het 'n paar fototjies geneem!
Nuusskierige gesiggies
Die fototjie laat my dink aan 'n klein dogtertjie wat borrel van vreugde!