18 October 2009

Stoomtrein

Ons het vandag gaan stoomtrein ry.Daar gekom: spring ons sommer weg met middagete, want ons is ‘n hele uur vroeg!
Net klaar geëet toe ontdek die vier-manskap iets amper soos ‘n scrap-yard…
Nadat hulle vir pa geluister het dwaal hulle toe tussen die scrap rond… En sus sien toe iets wat meer na iets lyk en roep hulle toe nader vir ‘n foto.
Jy loop oor ‘n paar spore wat onderdak is, dan onder deur die ‘bordjie’ en dan onderdeur die tonnel. Op die ‘bordjie’ staan steam/stoom GERMISTON electric/elektriese DEPOT, veiligheid eerste/safety first
Die stasietjie is klein, maar oulik.
Ons kinders het elkeen ‘n kospakkie gekry (hotdog, koeldrank en tjips). Die grootmense hotdogs en koffie. Alhoewel ek ook koffie gedrink het, want ek het koud gekry.
Susan (die trein) en haar drywer.
Ons het net op en af gery, want die mense wat die treine besit mag nie op die hoof-spore ry nie.
Ons het met ons treinrit ook ‘n elektriese trein gesien…
Net voor ons uitgeklim het, toe raak ons kinders dit kwyt: “The road without pothole’s”
Die kole wat die water laat stoom en die trein aan die gang hou.
Al die meters en krane ens. Dit lyk amper soos in ‘n vliegtuig met al daai goed (inplaas van goed knoppies), maar ‘n vliegtuig het net vyf maal meer goed as die stoomtrein.
Die steenkool wat gebruik word om kole te maak. En die water? Wel, dis besig om te reën.
Die gloeiende kole word uitgegooi en dood geblus voor die trein die stoor binne ry.
Dankie, Susan en al die mense, ons het ‘n lekker dag gehad al het ons lekker nat gereën!

02 October 2009

Tarzan!

Ons is opsoek na fun… Toe kom die viermanskap op ‘n ski-tou af en gooi hom oor ‘n boomtak (redelik na aan die grond), toe spring hulle van ‘n klip af met een voet in die tou. Toe dit te laag raak skuif hulle na ‘n hoër boom en spring van ‘n oliedrom en ‘n kinderstoeltjie af. Toe kom roep hulle my, want ek mis uit en moet net voel hoe dit voel. Ek gaan toe, evens skrikkerig, maar ek spring, toe ek agterkom wat ek doen gee ek een luidkeelse skree en kry ‘n enorme smile op my gesig. DIS FUN!!! Toe ek gewoond geraak het aan die hoogte toe wil ek hoër, maar daar’s te min plek by daai boom. Toe verskuif ons weer na ‘n ander boom, ‘n hoër een. Toe gebruik ons die oliedrom en ‘’n kombuisstoel En daar het ons toe soveel fun, dat die tou nog lank sal opbly. Op die oomblik is my hande vol blase geswaai en dit pyn. Tog maak dit op vir al die fun!



Ns. Coaches, ek weet julle het ons gewaarsku, om nie ’n arm of been te breek nie. Ons het nou wel nie iets gebreek nie, net Tarzan gespeel... Maar dit kon gebeur het...

Wel dit was lekker!!!