Showing posts with label Peste en plae. Show all posts
Showing posts with label Peste en plae. Show all posts

01 May 2011

Wat's dit!?

Ons ry vandag verby die een plaas se hek en met die verby ry vang 'n oog een of ander snaakse gedierte! Net daar word briek getrap en omgedraai! Hmmm.......... Soek, soek, en daar is die bewyse, dit is bobbejaan se kind! Amper val ek van my voete af! Dis die eerste bobbejaan op ons plaas! nou weet ons ook wie so versigtig mielies een, en die bewyse oop en bloot los!


10 August 2010

Vuur

Wat kry mense daaruit om ’n plek te brand? ’n Plek wat nie eers hul eieeiendom is nie! ’n Plek waar diere woon! Wat is die nut daarvan? Dis vir my so simpel! Wel, so twee dae terug, bel die buurvrou en sê ons moet gaan kyk, die plaas brand! Ek soek nog na my pa en oom, toe sien die seuns my kop ’n besig om mal te raak, hulle wil toe weet wat’s fout en ek sê daar’s ’n vuur, hulle vlieg toe hier weg en kry my oom. Saam gaan blus hulle toe die vuur en los my hier! En vandag toe hulle die beeste gaan water gee, toe bly ek maar by die huis en help my ouma, want my oom-hulle is hier en my ouma gaan die volgende dag dokter toe en sommer om haar net te bederf bly ek maar. Al het ek gebrand om saam te ry (met my oom se nuwe bakkie en om te sien waar dit gebrand het en na Cindy te gaan). Ek het my pa gevra om ’n paar foto’s te neem dat ek net kan sien hoe dit lyk.... Ek sidder by die gedagte datCindy of ander beeste kon doodbrand, never mind die klein goetertjies wat in any way doodgebrand het! En dan het ons nog ’n bul gekry! Hy is darem nie so mak dat hy jou sal stamp soos die ander een nie, die een hetdarem maniere, daai ander een pes ek met ’n passie! Hy sal jou sommer onderste bo stamp dat jy sy oor kan vryf!

Waar die vuur was!

Daar trek nog 'n rokie...

My oom en my tannie en die bul!

28 April 2010

Crop spraying

Ons sonneblomme en suikerboontjies het wurms, en die turf is sopnat en die sonneblomme is te groot om met 'n trekker te spuit, toe laat kom ons die vliegtuig!! Een van my beroepskeuses is 'n vlieënier! Ek dink dis amazing! Dis soos ek wat wil gaan bungiejump, freefall, skydiving, scuba duik ens...

Wel ek is saam met my pa vliegveld toe en het daar gewag dat die oom kom en sy tenk volmaak, toe vlieg hy weer en toe hy toe weer terugkom toe gooi hy gif en petrol, toe het ek gaan kyk hoe die vliegtuig lyk binne en 'n klomp foto’s om die vliegtuig geneem. Ek wou so graag saam gevlieg het maar toe sê my pa en oom nee. Toe ons by die huis kom toe hardloop ek al agter die vliegtuig aan, hy spuit nogal vinnig klaar! En ek het op stelte geloop, want die turf pak op onder mens se voete, ek’t 'n paar keer gesplit, maar dit lyk so lekker om in die lug rond te sweef! Ek is in my menswees nie gemaak vir plat op die aarde met my twee voete nie!! Ek het in 2001 new Zeeland toe gevlieg vir my oom se troue met sy eerste vrou. Toe was dit nog nie vir my so 'n droom om te gaan vlieg nie!! Maar nou!?!?!? Julle ek dink ek moet nou ophou praat! Anders raak ek netnou mal!!

Besig om in te kom.
He had arrived...
Die omgewing...
Die gif is besig om in getap te word.
Die vlieënier besig om petrol te gooi... Dink net ek in so 'n "suit"... Julle ek gaan vlieg!!!Die vlieënier se werker maak die vliegtuig se venster skoon.
Op jou merke, gereed...
Baai-baai!
Vlieg hoog! Hoog in die wolke.
Dis unfair, ek beter matriek skryf laat ek gaan vlieg.
Besig om die sonneblomme te spuit. As jy mooi kyk sal jy die wit sien.
Maak 'n draai
Die wit agter die vliegtuig is die gif.
Laaste draai naby die huis
Besig om die suikerbone te spuit
Op en op... Kyk die gif
Kyk net daar, ek wens ek kon saam vlieg!!!

14 April 2010

Varke!!!!

Toe ons gisteraand by die huis kom het ons beeste toe gegaan om seker te maak dat hulle darem nog op hul plek is, toe kry ons 3 bosvarke in die mielies! Besig om die wins op te vreet!! Toe skiet my oom hul met die pistool, hy’t al my senuwees op 'n knop gehad! Dis kwaai varke daai! EN hy wil hul op die grond met sy pistool skiet!!!

Wel vanaand was ons weer uit... En het weer 'n spul gekry en 2 geskiet. Ek kan nie wag tot ek my eerste vark skiet nie!!! Julle mag dalk dink eks wreed, maar dis ons wins waarmee ons moet leef wat hulle opvreet!! En soos wat graanpryse sak en petrol en kunsmis en gif ens klim.... Mag die vervlakste varke nie die wins opvreet nie!!