28 April 2010

Crop spraying

Ons sonneblomme en suikerboontjies het wurms, en die turf is sopnat en die sonneblomme is te groot om met 'n trekker te spuit, toe laat kom ons die vliegtuig!! Een van my beroepskeuses is 'n vlieënier! Ek dink dis amazing! Dis soos ek wat wil gaan bungiejump, freefall, skydiving, scuba duik ens...

Wel ek is saam met my pa vliegveld toe en het daar gewag dat die oom kom en sy tenk volmaak, toe vlieg hy weer en toe hy toe weer terugkom toe gooi hy gif en petrol, toe het ek gaan kyk hoe die vliegtuig lyk binne en 'n klomp foto’s om die vliegtuig geneem. Ek wou so graag saam gevlieg het maar toe sê my pa en oom nee. Toe ons by die huis kom toe hardloop ek al agter die vliegtuig aan, hy spuit nogal vinnig klaar! En ek het op stelte geloop, want die turf pak op onder mens se voete, ek’t 'n paar keer gesplit, maar dit lyk so lekker om in die lug rond te sweef! Ek is in my menswees nie gemaak vir plat op die aarde met my twee voete nie!! Ek het in 2001 new Zeeland toe gevlieg vir my oom se troue met sy eerste vrou. Toe was dit nog nie vir my so 'n droom om te gaan vlieg nie!! Maar nou!?!?!? Julle ek dink ek moet nou ophou praat! Anders raak ek netnou mal!!

Besig om in te kom.
He had arrived...
Die omgewing...
Die gif is besig om in getap te word.
Die vlieënier besig om petrol te gooi... Dink net ek in so 'n "suit"... Julle ek gaan vlieg!!!Die vlieënier se werker maak die vliegtuig se venster skoon.
Op jou merke, gereed...
Baai-baai!
Vlieg hoog! Hoog in die wolke.
Dis unfair, ek beter matriek skryf laat ek gaan vlieg.
Besig om die sonneblomme te spuit. As jy mooi kyk sal jy die wit sien.
Maak 'n draai
Die wit agter die vliegtuig is die gif.
Laaste draai naby die huis
Besig om die suikerbone te spuit
Op en op... Kyk die gif
Kyk net daar, ek wens ek kon saam vlieg!!!

No comments:

Post a Comment