11 April 2010

GL course

Ek was die naweek op 'n GL (Gymnastics Leader) course! Die een coach van ons club het die facilitators course 'n maand of so terug gedoen. Hy en die ou ('n coach van 'n ander club) wat saam met hom die kursus gedoen het, moes 'n kursus aanbied. Ek is al 'n paar keer genooi om 'n kursus by te woon, maar elke keer is ons te min om dit die moeite werd te maak.

Die kursus is toe in ons eie saal en ons coach is ook daar, wel, dis net bekend! Ek stres my gewoonlik siek as ek nie weet wat ek moet verwag nie.

Die kursus was uit en uit die moeite werd! My een vriendin het ons Donderdag opgelaai en sy kuier tot volgende naweek, so sy was saam, gelukkig was die relings vir by die kursus nie so erg nie want een van haar coaches was daar om die kursus te ly. En ek dink hy is rêrig goed!

Ek het nog die Donderdag aand vir slaapplek vir my en my vriendin gereël en die Vrydag middag het die kursus begin en vandag het ons klaar gemaak! Nou het ek nog 'n paar vrae om deur te werk, en nege ure se fisies coach, ek kan nie wag nie!

Ek sal weer en weer kursusse bywoon! Veral as my vriendin se coach en my coach en die ander coach daar is! Hulle maak die gimnastiek sommer meer opwindend! Dit was rêrig BAIE lekker!

En die kuier by my coaches was net so lekker!!! Thanks julle!!!!

No comments:

Post a Comment