Showing posts with label Vieringe. Show all posts
Showing posts with label Vieringe. Show all posts

04 March 2010

SES!!!

Julle vandag is my jongste boetie 6! Ek kan dit nie glo nie! Die tyd vlieg! Ek en hy verskil tien jaar en dit laat my sommer oud voel!

Ek het vir hom ’n kaartjie gemaak, in ’n seshoek, sommer net oordat hy ses is. Foto’s van elke jaar en byskrifte vir elke foto het ek ingesit en dit wat in ’n gewone verjaardagkaartjie sal staan het ek aan die linkerkant ingeskryf. Oordat ons sover uit die dorp bly kon ek nie gaan foto’s maak nie en toe moes ek dit hier print en is swart en wit. Dit het toe te dood vir woorde gelyk, toe kleur ek dit so hier en daar in en sit verskillende kleure onder die foto’s toe skryf ek met dieselfde kleur pen as waarop die foto geplak is die byskrif van die foto.
Die boek waaruit ek gewerk het, het die papier gesny op twee plekke, oordat ek vir ’n klein rowwe mannetjie ’n kaartjie maak moes ek iets uitdink om die kaartjie stewig te hou, so maak ek toe ’n toets kaartjie en vou die hele kaartjie, dit het tyd gevat, maar toe ek klaar was (na al my oordoen, want dit was nie presies nie), was ek heel gelukkig oor my prestasie!
Ek het die kaartjie afgerond deur ’n 6 op blou papier te skryf en ’n bubble sticker oor te plak, toe vat ek hekelgare en maak dit om die hoeke vas (dit was net vir die oog, want die gare wou nie bly waar dit moes nie). Ek was bang dat die gare losgaan toe sit ek die kaartjie in die sakkie. Eks nogal trots op myself!

Ek het vanoggend nog rustig geslaap toe sing my ma en my twee boeties hom wakker (my pa was toe al uit om beeste vir die volgende veiling te laai) en sommer vir my ook. Al is my kamer amper aan die anderkant van die huis...
Ons het gister sy partytjie gehou, want vandag het hy swem en ons gimnastiek.

26 December 2009

Kersfees!

Kersfees was ons beurt by die huis (en by ouma). Die gevolg is dis sommer elke dag agtig... Geseënde Kersfees aan elkeen! Mag Christus jul harte vul!


04 January 2009

2008, ‘n ‘party’ jaar!!!

(Ek het die 23ste Des verjaar). Ek het seker 3 keer 2008 partytjie gehou: 1 keer saam met 3 kinders (2 boeties (13,10) en 'n sussie (10, die tweeling) die oudste boetie het my met Cindy gehelp, toe sy siek was) wat by hulle oupa vir die vakansie gekuier het en die oupa het saam met ‘n ander oom by ons die inrypad oorgegruis. Toe saam met my vriendin en haar 3 sussies en 1 boetie en toe op my verjaarsdag saam met ons dominee en sy gesin, later die dag, die famielie wat op die plaas is en die outjie wat vakansiewerk by ons gedoen het maar die vakansie was die laaste keer want hy gaan aan die einde van die jaar begin werk. Al was elke partytjie net koek en waatlemoen was dit darem iets en lekker.

Kersfees was ons by my oupa-hulle in Newcastle, ons vermoed dis die laaste kersfees daar gewees want hulle beplan om 2010 New Zealand toe te trek, en 2009 se kersfees moet ons op die plaas bly om te sorg dat die beeste water het en my ouma nie alleen hier te bly nie. Toe het ons by my ouma-hulle gebly tot die 3de Jan (op my ma se verjaarsdag, ons sou die 2 de gery het maar toe jaag die iemand nonsens aan op my oupa se plaas).