29 July 2011

Affodille!!

Winterkind... Dis lekker koud, en dan is die blomme so mooi, dit bring kleur, nogal 'n warm kleur die winter in.
Ou spinnekoppie
WINTERTUIN BLOM
deur Riane Venter

Affodil met jou geel oop bek
fluit vrolik hier jou lewenslied.
In winterkou en son so flou,
weerklink jou stem van hoop

Affodil jy's 'n blom van hoop
verkondig lewe al lyk dit grou 
n geel gewaad ons aan te bied,
die wintervaal met kleur te dek
Affodil jou goudgeel glimlag plooi
in sierlike kroon ,met kop omhoog
vang jy sonnestraal en tooi
die wêreld in 'n lushof vir die oog.

Affodil leer my ook hoop en krag
te ontmoet in elke nuwe dag
So vinnig gaan jou tyd verby
tog bly jou les van hoop my by.

Die kleinheid waar lewe ontstaan
 Kyk jy kan verby plate en plate blomme ry of loop en sê jy het dit gesien en dit was mooi. Maar dan jok jy eintlik, want die geheel was mooi, as jy elke blommetjie van naby beskou kan jy met eerlikheid se hy is mooi of nie. Selfde geld in die lewe, met jou verhouding met ander mense. Jy kan nie oordeel of iemand goed of sleg is voor jy nie saam met daai mense gewerk het en deur dik en dun is saam met hulle nie.
Drie... DIE getal

Helder skyn hy...
 Maak jy ook so 'n inpak op die mense wt jou sien? Staan jy ook so uit?
'n Bos blomme, net vir jou!
 Ek gee vir elkeen wat na aan my hart lê 'n warm geel blom.
Vir lewens... Hmmmmmm? LUS?
En vir die wat my blog lees, sommer 'n lewenslustige een ook.
Son straaltjie
Die was vir die snaaksgeid, maar dit het so mooi uitgekom dat ek dit net moet deel.
'n Liedjie net vir jou...

09 July 2011

Aw baba!!

 Aw julle ons het die oulikste, kleinste nuwe kalfie!! Hy is so groot soos 'n skaap lammetjie!! Okay sy ma is ook nou nie een van die grootstes nie. Maar hy is te oulik!
 Hy is op en aan die gang! Hy spring soos 'n lammetjie rond en is sommer net laf!!
 Die klein rakkertjie is vreeslik wakker en bly maar altyd naby sy ma! Die ander beeste kyk hom snaaks aan. En hy gee nie om nie! So 'n regte klein mal dingetjie!
 Hy is so klein hy kan onder deur sy ma loop sonder om haar rerig te pla!!
 Na al sy manewales word meneertjie vinnig moeg en hardloop baie keer voor sy ma uit en gaan lê dan en wag tot sy weer naby is!!
 Hy is te oulik met sy groot oortjies...
En ogies!!
Hier was hy so drie dae oud. Maar steeds bitter klein!

03 July 2011

'n Woeste daggie...

Die beeste het weereens besluit die draad lyk goe genoeg om op te voeter, dit op betaal naweek met 'n snerpende koue wind, en toe kies bees se kind nog die plek met die meeste klitsgras en ek weet nie wat se soort bossie nie, al wat ek weet, daai bossie hou van in jou skoenne klim en dan byt hy die blou wilde waks uit jou uit. Soos altyd het ek my kamera by my gehad en 'n klomppie snaakse fotos te neem.
Met die foto het ek deur 'n ysterpaal se gaatjie die draadtrekker afgeneem.
Hier het ek weer die doringdraad van nader bekyk, as jy mooi kyk sien jy self die spinnekop se drade...
Hierdie is die bolwelf van die krip.
Hier geniet 'n koei en 'n klein bulletjie die lekkerte van beeswees: lek.
Die twee oulikste en nuuskierigste kalfies onder die son!
Besig om bale te laai met die imobilie, vir Cindy kind en die res van haar trop.
The power of worship...
Cindy geniet die bale op die wa...
Andre se maag na Cindy hom geskep het met haar horing en haar ma haar amper iets aangedoen het!