30 April 2011

Oupa kom!

My kleinste boetie was so opgewonde oor Oupa wat oppad is dat hy vir hom 'n stoel gevat het en die hek se sleutel en daar gaan sit en wag het.
 Die muskiete het hom opgevreet, maar toe ek noem dat hy gou moet kom tabard smeer, sê hy net "nee, netnou kom oupa en dan is ek nie hier nie. Gaan haal jy dit maar"
 Min wetend dat oupa eers na skemer naby ons sal wees het hy daar bly sit, en net nou en dan sy stoel verskuif dat die muskiete hom eers bietjie soek....

Morning Glory

Vanoggend is staan ek stil by die heerlikheid van dagbreek, 'n nuwe dag. Ek kyk na die 'glory' uit verskillende hoeke uit. En vang ook 'n paar hoeke vas!  Kyk na die fynheid van alles en besef weereens hoe groot God is en hoe fyntjies hy ook geskep het! Die skepping is 'n wow!!
glory noun 1 fame and honour. 2 praise. 3 beauty; magnificence.
Glory to God in the highest, and on earth peace, good will toward men.
~ Luke 2:14 (KJV)
Glory ye in his holy name: let the heart of them rejoice that seek the LORD.
~ Psalm 105:3 (KJV)
Sien vandag die klein goedjies raak! Knip jou oog vir 'n klein goggatjie en spring op en af as jy goeie nuus kry, vra wat die rede is as jy dalk slegte nuus kry, bo alles hardloop iemand wat jy lief het onderste bo net vir 'n drukkie, en gee 'n geskenkie (al is dit net 'n grashalmpie!) aan iemand wat dit die minste verwag!