28 August 2010

Ek is ge-"tag"

Eish... Dink ek moet dit nou maar stap vir stap doen...

1. Bedank die persoon van wie jy die toekenning ontvang het.
Huisvrou, oftewel my ma... Ek weet nie lekker of ek moet dankie sê en of ek moet kwaad voel nie. Dankie vir ALS!

2. Plaas ‘n kopie van die toekenning op jou blog

3. Noem 3 dinge van jouself waarvan jy hou
Ek moet nou mooi dink, voor ek dalk iets snaaks sê!
My liefde vir beeste en die plaas. Vir gimnastiek en my vriende en famielie.
Die smile op my gesig. Dit maak dat mense wonder wat in my gedagtes aangaan. Dit wys blydskap, en is partymaal 'n masker, waaragter enige iets kan skuil!
Laastent Jesus in my lewe! Dis wonderlik om Hom in jou lewe te hê!

4. Plaas ‘n foto waaroor jy mal is
Daar is gans te veel!
En die laaste een weier ek om te doen...

10 August 2010

Op die plaas...

Ek het 'n paar fotos die afgelope tyd geneem wat ek met julle wil deel... Ek is bly ek kan op die plaas bly! Dis 'n wonderlike plek en as jy wil vlug vir jou gedagtes, of die gebou, klim jy op jou fiets (ek wens ek kon sê perd, maar ons het ongelukkig nie sulke mooi diere nie...) en ry die vlaktes vol!
MieliesPaaie en draaie...BeesteBloekombomeEkHenry.Johan.In die huisie.Die ou huisie... Nou pakhuisie.Niks lyk instand!Sonsak...SonsondergangWit en swart, aand foto!Die seuns staan vir 'n foto.Ek is bored.Henry hulle klim die bloekombome.Ek spuit my gesig nat, na 'n warm rit.Saam met die seuns by die dam.

*Ninjas en Fireflies*

Ons gimnastiek club het ‘n vertoning gehou by die Kierieklapper fees gehou, die oefen was harde werk en ek moes uitsit! Dit het nogal wildskrag gevat maar ek het dit reg gekry en gecoach! (Ek het alweer my rug seer gemaak) Dit was awesome! Die ritmiese meisies en die kleiner artistiese levelmeisies, het ’n dansie gedoen en dit was so mooi! Ek het nie rêrig daar gehelp nie, (oordat my gimnastiek maats almal by die spronge was) maar dit wat ek met die vertoning gesien het, was baie mooi, al het ek ’n end weg gestaan by die outjies wat ek gecoach het! Met die spronge (of ninjas) het ek gehelp, ek wens ek kon saam oefen, maar net die bietjie loop tussen die stalletjies het my rug nou ordentlik seer! Eks maar bly ek mag nie nou gimnastiek doen nie! Maar laat ek nou ’n min of meer prentjie gee van wat dieninjas aangevang het. Party kinders het vooroor-rolle, stradlerolle,skouer-rolle en duik-rolle. ’n Ander groep kinders het oor die matte gespring en duik-rolle en summys gemaak, ander het oor ’n kar geduik-rolof gesummy! Dit was senutergend! Maar asemrowend ook!

Die fireflies.

Hul einde.

Ek groet...
Ninjas!!
Ek en my maat, en ons twee se ninja-boeties

Vuur

Wat kry mense daaruit om ’n plek te brand? ’n Plek wat nie eers hul eieeiendom is nie! ’n Plek waar diere woon! Wat is die nut daarvan? Dis vir my so simpel! Wel, so twee dae terug, bel die buurvrou en sê ons moet gaan kyk, die plaas brand! Ek soek nog na my pa en oom, toe sien die seuns my kop ’n besig om mal te raak, hulle wil toe weet wat’s fout en ek sê daar’s ’n vuur, hulle vlieg toe hier weg en kry my oom. Saam gaan blus hulle toe die vuur en los my hier! En vandag toe hulle die beeste gaan water gee, toe bly ek maar by die huis en help my ouma, want my oom-hulle is hier en my ouma gaan die volgende dag dokter toe en sommer om haar net te bederf bly ek maar. Al het ek gebrand om saam te ry (met my oom se nuwe bakkie en om te sien waar dit gebrand het en na Cindy te gaan). Ek het my pa gevra om ’n paar foto’s te neem dat ek net kan sien hoe dit lyk.... Ek sidder by die gedagte datCindy of ander beeste kon doodbrand, never mind die klein goetertjies wat in any way doodgebrand het! En dan het ons nog ’n bul gekry! Hy is darem nie so mak dat hy jou sal stamp soos die ander een nie, die een hetdarem maniere, daai ander een pes ek met ’n passie! Hy sal jou sommer onderste bo stamp dat jy sy oor kan vryf!

Waar die vuur was!

Daar trek nog 'n rokie...

My oom en my tannie en die bul!

New homies!

Ons was nou vir ’n ruk lank met ’n bietjie beeste hier in die kamp by die huis... Wel, hier is nou twee nuwe koeie. ’n Ou een met ’n kalfie en ’n kruppel een! Die ou een is rêrig oud! En die kruppel een is kruppel! Ons gee die kalfie byvoeding, want sy ma staan min op en sy het min melk! Ek kry die kleintjie jammer! En die kruppel koei het iets in haar heup seer gemaak, dit lyk skoon of haar been uit draai! Sy loop nie vêr nie en as sy loop buig sy nie haar been nie! Ek dink sy het seer! En Pienkie is weer hier, want sy het gesukkel om aan te pas by die ander... Cindy het vinnig aangepas en sy het nie maar geword nie. Dan is hier ’n ander versie wat ook nogal maar was.
Die kruppel koei.Die koei en haar kalfie.
Ek drink bietjie bottel! LOL!