Showing posts with label Fun. Show all posts
Showing posts with label Fun. Show all posts

01 January 2013

OUjaarsaand!!

Saam my familie...



En om als te kroon net voor 2013 toe is daar 'n verskietende ster!! God het die jaar met een van my gunstelinge laat afskop...

04 November 2011

With love from Russia...

My oom kom vandag by die huis aan en roep my vanuit sy bakkie, toe ek 'n entjie weg is toe sê hy ek moet 'n skêr saambring... In my kop hol die moontlikhede rond, maar die logiese is dit 'n lisensie skyfie.
Ek gee vir hom die skêr en hy gee vir Andre 'n ballon, ek is van 'okay wow, dis seker weer iemand wat 'n spul helium ballonne die lug ingestuur het en dit nou iewers op die plaas, aarde toe gekom het.' Hy haal toe nog 'n ballon uit, maar die ballonne is aan rerig BAIE lint vas gemaak! Toe vra hy of ek 'n South Africa child is... Dis rerig weird, ek meen ek is hier gebore en tot nou toe bly ek hier, en hy weet dit mos, hys my oom! Daarna haal hy vir my 'n hasie van die lint af, en sê "To a South Africa child. With love from Russia"
Aw, dis 'n oulike klein bunny!
 My oom het die klomp goed gekry waar hulle aan die draad gehang het.
 Party ballonne was woes gekrap, ander het weer so erg gebars, Andre se dis spinnekoppe. 
Thanks vir die ou wat die hasie gelos het, hy het huis gekry en ek like hom stukkend!

06 September 2011

Blog award!!


I got a ‘blog award’ from Melissa, from “Just a girl?” Thanks Melissa!


 To get this award I have to share seven things about myself and pass it on to 15 (or less) other blogs.
1.     I am a Christian, loving the life (most of it) that God had given me. And I love Him so, SO much!
2.     I love the farm, it's sort of in my blood...
3.     I am crazy about capturing some photos! And later (when I have some time on hands) to do scrapbooking with it, or just blog with it.
4.     I'm one of four children, and the only girl in my family in South Africa. 
5.     I like gymnastics (and coaching it), its the best sport I ever did!
6.     I like to raise calves. They are like my baby's, and HARD to let them go when they are old enough!
7.     I like spending time with friends and family!
The people I have chosen to pass this award on to are:
.     Autie
·     Farmgirl
·     My mom
·     And Ali
All you have to do is share seven things about yourself and tag môre blogs (15 max)

28 August 2010

Ek is ge-"tag"

Eish... Dink ek moet dit nou maar stap vir stap doen...

1. Bedank die persoon van wie jy die toekenning ontvang het.
Huisvrou, oftewel my ma... Ek weet nie lekker of ek moet dankie sê en of ek moet kwaad voel nie. Dankie vir ALS!

2. Plaas ‘n kopie van die toekenning op jou blog

3. Noem 3 dinge van jouself waarvan jy hou
Ek moet nou mooi dink, voor ek dalk iets snaaks sê!
My liefde vir beeste en die plaas. Vir gimnastiek en my vriende en famielie.
Die smile op my gesig. Dit maak dat mense wonder wat in my gedagtes aangaan. Dit wys blydskap, en is partymaal 'n masker, waaragter enige iets kan skuil!
Laastent Jesus in my lewe! Dis wonderlik om Hom in jou lewe te hê!

4. Plaas ‘n foto waaroor jy mal is
Daar is gans te veel!
En die laaste een weier ek om te doen...

08 February 2010

Maroela...

Ons was vandag sandplaas toe. Wens ons kon weer swem, maar die dam is al weer half (want dis spitstyd op ons plaas en die pa’s kry nie tyd om te gaan waterpomp nie) en die watergras het klaar begin groei.

Ons is saam om te gaan maroelas op te tel, om maroela jellie te maak. Maar geeneen van ons is vanplan om sonder fun terug te gaan huis toe nie! Toe ons by die hek inry toe sien ons ’n skilpad! Die seuns het paaie gemaak in die pad en lekker in die sand gejol! En ek het gekyk hoe waaghalsig ek kan wees om ’n paar foto’s te neem toe ons water gestart het, ek't op my ma se senuwees gewerk! Toe ons maroelas gaan optel toe gooi ons die ou en vrot maroelas en skiet die pitte met die ketties! Die Plaaslewe is FUN!!!

Een enorme sandput!!! André, Johan en nefie...

Ek, besig om ’n goeie uitsig te soek, op die sonpanele se “stand” (die sonpanele is ’n paar jaar terug gesteel).

‘n Uitsig oor die bos...

En na die pad se kant toe.

Spinnerak.

Sonsondergang onder die maroelaboom.

21 December 2009

In die dam swem!!!

Ons was vandag na die sand plaas toe om die water te start om die dam vol te pomp om die beeste soontoe te trek! Toe besluit ons kinders ons gaan swem. Dit het ‘n lang tyd gevat om my oom te oortuig dat ons niks van die water sal oorkom nie. Toe het ons nog eers gaan water start by die twee troppe beeste en toe uiteindelik gaan ons sand plaas toe. Toe sê my pa ons gaan koud kry en siek word. Maar by die dam toe stem hy weer in. En al ons kinders bespring die dam! Die twee pa’s het die pomp gaan start en my tannie en ouma het saam met ons by die dam gebly. Die dam is minstens skoon, vir my, want die alge het klaar weer begin groei en daar is baie goggas in die water ons het so lekker geswem dat die tyd gevlieg het en toe ons, ons kon kry moes ons uit en weer terug huis toe kom.

Nou wonder jy seker hoekom ons nie ‘n swembad het nie. Wel, die antwoord is die turf skuif rond, ‘n huis bly nie eers staande nie en hys nie eers diep in die grond nie! En ons het al oorweeg om ‘n sylswembad te koop, maar nog nie tot die besluit gekom of ons gaan nie. Ons gebruik sommer die graandamme! LOL! en ‘n splash pool is nie ‘n swembad nie, ‘n swembad is iets waarin jy kanswem.


05 December 2009

Oggend foto’s

Vroeg oggend foto’s is altyd mooi foto’s! Ek en my drie broers en my een nefie (wat nes my broer is) het almal gisteraand in ‘n tweemantent in die tuin geslaap net vir die fun daarvan. Kamp is mos lekker al is dit in jou tuin, dis mos vir die avontuur daarvan!

Ons het trampoline tot half tien gespring toe begin kleinboet kla oor hoe moeg hy is en ek het toe maar saam met hom in die tent gaan lê. Toe het die res nog lantern bekruip tot seker elfuur en toe gaan monopoly speel. Toe ek my kon kry toes dit al amper twaalf uur en die wind waai so, dat ek skoon soos een van die drie varkies voel toe gaan roep ek die seuns en neem gou die volmaan af.

Die volgende oggend voor die son opkom toe word hulle weer wakker en ek saam met hulle (kleinboet slaap daardeur als soos ‘n klip), hulle wil gaan jag en ek vra toe eers vir ‘n paar foto’s voor die son op is en ek het dit toe gekry!!!

02 October 2009

Tarzan!

Ons is opsoek na fun… Toe kom die viermanskap op ‘n ski-tou af en gooi hom oor ‘n boomtak (redelik na aan die grond), toe spring hulle van ‘n klip af met een voet in die tou. Toe dit te laag raak skuif hulle na ‘n hoër boom en spring van ‘n oliedrom en ‘n kinderstoeltjie af. Toe kom roep hulle my, want ek mis uit en moet net voel hoe dit voel. Ek gaan toe, evens skrikkerig, maar ek spring, toe ek agterkom wat ek doen gee ek een luidkeelse skree en kry ‘n enorme smile op my gesig. DIS FUN!!! Toe ek gewoond geraak het aan die hoogte toe wil ek hoër, maar daar’s te min plek by daai boom. Toe verskuif ons weer na ‘n ander boom, ‘n hoër een. Toe gebruik ons die oliedrom en ‘’n kombuisstoel En daar het ons toe soveel fun, dat die tou nog lank sal opbly. Op die oomblik is my hande vol blase geswaai en dit pyn. Tog maak dit op vir al die fun!



Ns. Coaches, ek weet julle het ons gewaarsku, om nie ’n arm of been te breek nie. Ons het nou wel nie iets gebreek nie, net Tarzan gespeel... Maar dit kon gebeur het...

Wel dit was lekker!!!