21 December 2009

In die dam swem!!!

Ons was vandag na die sand plaas toe om die water te start om die dam vol te pomp om die beeste soontoe te trek! Toe besluit ons kinders ons gaan swem. Dit het ‘n lang tyd gevat om my oom te oortuig dat ons niks van die water sal oorkom nie. Toe het ons nog eers gaan water start by die twee troppe beeste en toe uiteindelik gaan ons sand plaas toe. Toe sê my pa ons gaan koud kry en siek word. Maar by die dam toe stem hy weer in. En al ons kinders bespring die dam! Die twee pa’s het die pomp gaan start en my tannie en ouma het saam met ons by die dam gebly. Die dam is minstens skoon, vir my, want die alge het klaar weer begin groei en daar is baie goggas in die water ons het so lekker geswem dat die tyd gevlieg het en toe ons, ons kon kry moes ons uit en weer terug huis toe kom.

Nou wonder jy seker hoekom ons nie ‘n swembad het nie. Wel, die antwoord is die turf skuif rond, ‘n huis bly nie eers staande nie en hys nie eers diep in die grond nie! En ons het al oorweeg om ‘n sylswembad te koop, maar nog nie tot die besluit gekom of ons gaan nie. Ons gebruik sommer die graandamme! LOL! en ‘n splash pool is nie ‘n swembad nie, ‘n swembad is iets waarin jy kanswem.


1 comment:

  1. Jy laat hierdie tannie darem nou vreeslik baie terug verlang na haar plaas-dam-swem-eskapades! Daai foto's van spring van die damwal, laat my voel dit is ek wat afspring in die koel, groen water! Ja-nee wat, wie het nou 'n swembad nodig met al die graandamme!

    ReplyDelete