19 December 2009

DIP!!!

Ek het gister gereël dat ons my een vriendin van die dorp af plaas toe bring net vir ‘n lekker kuier, sy het nie my “mal girl” geaardheid nie so ek kan nie als doen wat ek wil nie. Gisteraand toe kom Boetman in en sê “môre gaan ons dip!!” Ek voel toe skoon kwaad vir myself, want ek wil so graag gaan dip! Maar ek wil ook kuier!

Vanoggend toe ek opstaan bespreek ek en vriendin wat ons gaan maak, sy sê toe dat sy sal saam gaan as ek wil gaan dip, sy gaan in die bakkie sit en lees en sommer ‘n paar foto’s ook neem!

Ons stap toe stoor om Socket te gaan melk gee. En toe na my oom se huis toe om die bottels te gaan bêre. Toe vra ons sommer my oom of ons mag gaan, hy sê toe ja ons mag, maar hy gaan nie dip nie ‘n ander oom gaan vir ons dip.

Ons is huis toe en kry bottels en bottels water sonskerm en kepse. Die seuns (vriendin se broer inkluis) besluit op gumboots. Ek kry geheel en al TE warm en bly toe maar in my crocs. So is ons beeste toe.

Ek het dit so geniet en lekker gebrand. Ek het ook vier beeste Dectomax gespuit en ‘n paar keer ‘n drukgang geprod dat die koeie nie die arme kalwers squash. Twee kalwers het, gaan lê, een koei het haar neus in die beesmis en dipstof gedruk to die koei voor haar, haar gesquash het. Toe prod ek die groot vette voor so dat die prodder se battery skoon papperig was na die tyd. My vriendin sê toe dat ek al my frustrasie op die voorste koei uitgehaal het en ek dink ek het!

Met middagete (wat ons gewoonlik van 1 tot 2 het, maar vandag van 14:15 tot 14:35) toe sê my ma ek kry nie kos as ek nie ‘n skoon hemp gaan aantrek nie. Na ete toe gaan trek ek maar weer my vuil hemp aan!

Die laaste drukgang wat ons moet volmaak is een beneukte Afrikaner koei en twee verse en een bulletjie en sowat sewe kalwers. Toe ons amper almal deur het toe bly daar twee kalwers oor in die kraal wat in die drukgang moet kom om gedip te word.

Ek het lank langs die kraal gestaan en wonder of daar nie ‘n makliker manier is om die kalwers in die drukgang te kry nie. Want ‘n stuk of agt werkers en my broer en sy vriend kry die kalfies nie in die drukgang nie, die een kleintjie het ‘n paar keer as hy verbouereerd is na my toe gehardloop ek dan weer weg. Nadat ek my amper dood gelag het vir die spul mans wat dink hulle kan die kalfies vang spring ek in die kraal en wag vir die kleintjie om weer op my af te storm, hy doen dit toe en ek gryp hom aan sy oor en sy bout totdat hy bedaar toe verskuif ek my hand wat op sy oor is na sy skof en loop met hom reguit drukgang toe. By die drukgang kom sluit die ander kleintjie aan en ek staan in die drukgang met die twee kalwers, want hulle loop sommer deur die pale wat ons agter die groot beeste sit dat hulle nie almal moet retireer en weer in die kraal moet wees nie. Die werkers was die dipstof spuit, spuit my toe so nat jy sal dink ek is ‘n bees! Toe ek al die kalwers uit die drukgang veld in stuur gaap almal my aan so of ek die een of ander engel is, al wat verskil tussen my en die spul wat gesukkel het, is ek is vrek lief vir ‘n kalfie! Ek sal my lewe waag net om ‘n kalfie te red!!!

Toe ons gaan gesig was en ek die meeste van die dipstof wil gaan afwas toe storm die beneukte Afrikaner koei my en vriendin ek my middelste broer, ek't amper ‘n hartaanval gekry! Maar nogtans dit was ‘n wonderlike dag!!!

Nog lekker vars en skoon, met ’n lekker dag wat voorlê.

Ek wag vir die volgende werkie.

Trek sowat 3ml Dectomax in die spuit op. En maak gereed vir jou eerste inspuiting wat jy gee.

Oesh! Eina! Moenie kyk nie!

Vryf die Dectomax, laat dit onder die vel verspry en dat dit spuitplek nie bloei en al die dectomax uitbloei nie. Ek dog die koei gaan my dood skop, toe skop sy nie eers nie, ek wonder of dit seer was...

Die viermanskap net klaar ‘n koei sê oor gedokter.

Prodder in die hand en reg vir die fight. Die driemanskap, besig met hul eie planne.

Was jou hande skoon is ’n krip... hoe klink dit. En help Andrè (kleinboet) om sy voet skoon te maak, want meneer het oor die mis modder gemors by die krip geloop. Op die agtergrond maak die mans dipstof aan.

Elkeen maak ’n plan om koel te bly. Bv. maak jou hare nat en sit dadelik jou keps op, dit werk!

Kalwers weeg omtrent 40kg met geboorte. Die kalfie is deur die nag gebore en mag nie gedip word nie. Die seuns dra hom na sy ma toe.
Ek probeer ’n appel te eet, sonder om ’n gesig te trek! Laaste het ek ’n bees op die bout geslaan en aan die kraal geklou en voor dit als my hande in die krip gewas en dan is my lyf nog so vuil. Maar dis 13:20 en my maag het net weer iets met waarde nodig.

Vul die bottels met water asseblief! Die water is nie wat wonders lekker nie, maar lekker genoeg om die droogte in ons liggame weer nat te maak. Ons voel al amper soos die woestyn.

Net voor ons weer dipstof aanmaak, gryp ons kinders die kans aan om water in ons bottels te gooi.
Ek lyk nie altyd op my beste nie, veral nie op die foto nie. Hier drink ek coke en het net ’n sluk uit die halwe 500ml coke-botteltjie gevat toe die foto geneem is.
Wie se plan is die beste?

Ek kort ’n dip, net om skoon te kom.

Ek lyk of ek daar staan vir love en charity! Jy hoop! Ek wag vir die eerste koei in die drukgang...Maar die mans sukkel hulself keduks... Nie dat ek dit lelik bedoel nie!

Hou boek, ouboet! Hy tel die bulle, koeie, verse, bulletjies en kalfies. En kry ’n totaal.

“Help net gou hier. Ek moet nog “pour on” kry...”

Ons moes net koelte soek.

Ek sweet my amper dood in die son! En klaar rooi-wangetjies gebrand!

Henry langs die drukgang, besig om die koeie in die drukgang in te prod. Daai vuil word, het gekom van beeste in die drukgang in prod...

Net gou vir oulaas organiseer! En die vuilste wat ek vandag was!

Ek wens so ek kon help, maar sus is te bang ek kry seer en die bulbar is net die seat vir my!

Ouch! Moenie my spuit nie! En dis toe verby sonder dat sy weet!

Organiseer van die kantlyn af, skree my longe uit maar niks help nie en al wat kalfie is hardloop! Ag, shame, help net die kalwers Leticia!

“Sal jy my kom help, die mansmense maak my bang! En ek kry nie my mamma nie!”

Eish! Hoe nou gemaak? Met crocs gaan dit nie werk nie! Nie in daai gemors nie! Twee tree en dan sit ek vas! Maak ‘n plan, ‘n boer maak mos ‘n plan. Klim op die drukgang se pale... So maklik soos dit!

Ons wil nie in die drukgang wees nie!

Maaaaa help!

Kalwers is sterk, al is hulle klein!

Vang 'n dip sus!

Na so ‘n lang dag kan ons maar net skree “jippie ons is klaar!” Die dag raak nou bietjie lank en warm en na die gespook om die afrikaner in die drukgang te kry en die twee kalwers in is, smile ek maar lekker breed!

2 comments: