05 December 2009

Vloede... van die laaste paar jaar

Dis nou weer naby aan my verjaarsdag en ons is in ‘n reënseisoen, die tyd waarin daar party maal oorstromings is en die grondpad wat voor die huis verby loop soos ‘n rivier afkom! Dis nogal lekker vir my as “mal girl,” ek meen dis modder, water, skuim, gumboots en reënjasse ek lyk soos ‘n olifant in my pa sin (hy trek hom nie aan nie, want as hy werk het hy nie tyd vir ‘n dun jas nie nou gebruik ek hom).Die water het altyd in my tannie se huis ingestroom, (op die turf is huisbou maar ‘n tricky een, my ouma se huis is op ‘n heuwel gebou, ons sin is in ‘n effense gat en my tannie hulle sin in ‘n gat) en bietjie-bietjie in ons sin. Toe gooi hulle ‘n hoër gruispad om die huise om te keer dat die water in die huise inloop. Nou loop dit net in die pad af en om die huise.Hier’s ‘n paar foto’s wat ek al geneem het met vloede:

Vloed – 24 November 2007

Vloed – 23 Januarie 2008

Vloed – 14 November 2008

Vloed – 15 November 2008

Vloed – 31 Januarie 2009

No comments:

Post a Comment