30 November 2009

Slang seil en sis

Ons het vandag op die sand plaas ‘n draai gaan maak om te kyk of alles nog reg en in plek is want ons maak reg om die beeste soontoe te trek (ek kan nie wag nie). Ons stop toe by die sementdam. Die dam en trappies en ‘n klein kamertjie waar op ‘n drom staan is aanmekaar vas gebou. By die dam is ek en kleinboet eerste uit en ons hardloop op die ongelyke paadjie vol oliebome, stene en stukke hout, toe die trappies op en bo gekom gaan ek staan en wag vir kleinboet. Ek steek toe my hand uit en wil teen die kamertjie leun, maar voor ek aan die kamertjie raak sien ek vir Luisie ons ou vriend wat ons uit die dam gered het. Maar kyk so lief soos ek vir ‘n luislang is so groot het ek geskrik! Ek spring toe op die damwal (dit in ‘n millisekonde) en skree vir kleinboet “pasop! Luislang!” my nefie sê ek het gesê “passsop!! Luissssslang!!!”

Ek kan bly wees ek het nie in die dam gespring toe ek geskrik het nie, want daar was twee dooie watervoëls en ‘n slang in, die stukkies vleis het in die water gedryf en daar was wurms, alge en die vrot karkasse. Dit her gruesome gelyk!

My pa en oom gaan eers die dam uittap en die gagga goed uithaal voor hulle weer gaan begin water intap.


1 comment: