08 November 2011

Leticia


'n Uittreksel uit Wikipedia:
LeticiaLetizia (and other variants), derived from the Latin greeting laetitia ("joy", "gladness", "delight",also the name Roman goddess of fertility and abundance), can refer to:
Places:
People:

En dan 'n gedig deur A.G. Visser:
“Laetitia”
‘n Lied van frisse maagde-skoon,
Blou oë waarin die hemel woon, 
Van lokke wat met songoud gloei,
Van wange waarop rose bloei;
‘n Mond waar soentjies lonk en lag;
Op lippe roos en warm en sag,
Van hande vlug en wit en fyn,
Bekoorlikheid in elke lyn;
‘n Glimlag van onse Heer!
Lieftalligheid van Gods gena,
Laetitia Dulcissima!

04 November 2011

With love from Russia...

My oom kom vandag by die huis aan en roep my vanuit sy bakkie, toe ek 'n entjie weg is toe sê hy ek moet 'n skêr saambring... In my kop hol die moontlikhede rond, maar die logiese is dit 'n lisensie skyfie.
Ek gee vir hom die skêr en hy gee vir Andre 'n ballon, ek is van 'okay wow, dis seker weer iemand wat 'n spul helium ballonne die lug ingestuur het en dit nou iewers op die plaas, aarde toe gekom het.' Hy haal toe nog 'n ballon uit, maar die ballonne is aan rerig BAIE lint vas gemaak! Toe vra hy of ek 'n South Africa child is... Dis rerig weird, ek meen ek is hier gebore en tot nou toe bly ek hier, en hy weet dit mos, hys my oom! Daarna haal hy vir my 'n hasie van die lint af, en sê "To a South Africa child. With love from Russia"
Aw, dis 'n oulike klein bunny!
 My oom het die klomp goed gekry waar hulle aan die draad gehang het.
 Party ballonne was woes gekrap, ander het weer so erg gebars, Andre se dis spinnekoppe. 
Thanks vir die ou wat die hasie gelos het, hy het huis gekry en ek like hom stukkend!