Showing posts with label Weer. Show all posts
Showing posts with label Weer. Show all posts

19 June 2010

YS-koud!!!

Met YS-koud bedoel ek koud! So dat daar skoon ys vorm hier in die noorde op enige iets! Van 'n groen blaar tot 'n droë paal! Die afgelope oggende is dit -2; -3; en dan gaan ons op na so 15 grade celsuis... Vir my is dit ysig en onplesierig! Die winter het skaars begin en ek wens klaar weer dis somer, met die hitte en al dink ek somer is steeds beter as winter! Dalk, net dalk is dit oordat ek 'n Desember-baba is!

18 April 2010

Reënboog

Ons het vandag 'n vreeslike mooi reënboog gesien! Hy was 'n vol reënboog... Dis 'n WOW reënboog gewees, rêrig mooi en groot en sommer alles!!

Kyk net hier!! Hoe wonderlik is God nie!

En sommer die sonsondergang ook...

28 January 2010

Die vlakte vloed!

Ek het julle al vertel van die pad was soos ’n rivier lyk! En die water wat dan loop en loop en loop!

Die pad lyk vandag weer so, dit hou net aan met reën.

Ek wonder waar die elnienoe nou heen is? Maar reën is tog beter as droog!


En die land. Hier’s nog niks geplant nie.

Ons indraaipad, kyk al die opdrifsels.Kyk hoe het die pad gespoel!

Na die linkerkant toe lyk die pad so.

Ons loop in die pad af............. Na die regterkant.

Water wat met mekaar kennismaak.

André besig om sy balans te probeer hou in die vloeiende water.

'n Land vol water

'n Culvert se uitloop
'n Milletland vol water...
'n Graandam wat nie behoorlik vol is nie, die water het op die siel opgegaar. Die raamwerk het gebuig, maar is wel weer reggebuig.
Besig om die dam se bokant leeg te tap.
Die vol graandamme het nie skade gekry nie, want hulle is VOL!

Sommer net 'n foto by die hek.

26 January 2010

Weerlig!

Ek dink as jy een weerligfoto geneem het, kan jy al. Wel, nie met die eerste skoot soos die eerste ene nie, maar met die vierde.

Ek het weer vandag gaan sonsondergang en weerlig afneem! Ek is mal oor die foto’s veral die een wat ses identiese strale het. Ek het niks snaaks gedoen nie! Dis net hoe die foto uitgekom het!!!

20 December 2009

Die wind die waai...

Julle gisteraand het ons ‘n wind gehad wat skrik vir niks! Die jakarandaboom het takke gebreek, die dikste was seker so 20cm in deursnee!
Die bloekombome het ook takke gebreek ook so 20-25cm in deursnee, maar die bloekoms het skade gemaak want hulle het op die veiligheidsheining geval en die arme draad vermink! Ek hoop jy kan die skade raak sien...

19 December 2009

Weerlig

Ek moes net gou my vreugde deel! Ek en my vriendin het, gaan stap toe ons terug gekom het van die beeste af, die weer het al om ons gespeel en ek wil dit toe vas vang. Ek sit toe my kamera op sequens mode en begin neem, net om hopelik een weerlig foto te kry. Toe ek die eerste foto neem toe vang ek sommer die weerlig vas!!! My eerste weerlig foto!
Hys nou nie wat wonders nie, maar dis my eerste een!

En dan kyk na die wolk kleure! Dis amazing! Dis nou nogal skeef geneem maar dis al hoe jy die kleure sien…

Die sonsondergang het sulke mooi helder kleure! En ek moes dit vasvang! Eintlik is al ons sonsondergange mooi en vol helderkleure!

'n Sonsondergang met reën is SO mooi! Met die foto het die son klaar agter die horison verdwyn.

As jy mooi kyk sien jy die army se liggies...

16 December 2009

Die Nyl het afgekom!

Op pad dorp toe is die Nyl se vloedvlakte en hy staan weer vol water soos dit maar is die tyd van die jaar: groen en nat...

Hier’s ‘n paar foto’s wat ek wil deel:

05 December 2009

Vloede... van die laaste paar jaar

Dis nou weer naby aan my verjaarsdag en ons is in ‘n reënseisoen, die tyd waarin daar party maal oorstromings is en die grondpad wat voor die huis verby loop soos ‘n rivier afkom! Dis nogal lekker vir my as “mal girl,” ek meen dis modder, water, skuim, gumboots en reënjasse ek lyk soos ‘n olifant in my pa sin (hy trek hom nie aan nie, want as hy werk het hy nie tyd vir ‘n dun jas nie nou gebruik ek hom).Die water het altyd in my tannie se huis ingestroom, (op die turf is huisbou maar ‘n tricky een, my ouma se huis is op ‘n heuwel gebou, ons sin is in ‘n effense gat en my tannie hulle sin in ‘n gat) en bietjie-bietjie in ons sin. Toe gooi hulle ‘n hoër gruispad om die huise om te keer dat die water in die huise inloop. Nou loop dit net in die pad af en om die huise.Hier’s ‘n paar foto’s wat ek al geneem het met vloede:

Vloed – 24 November 2007

Vloed – 23 Januarie 2008

Vloed – 14 November 2008

Vloed – 15 November 2008

Vloed – 31 Januarie 2009