19 December 2009

Weerlig

Ek moes net gou my vreugde deel! Ek en my vriendin het, gaan stap toe ons terug gekom het van die beeste af, die weer het al om ons gespeel en ek wil dit toe vas vang. Ek sit toe my kamera op sequens mode en begin neem, net om hopelik een weerlig foto te kry. Toe ek die eerste foto neem toe vang ek sommer die weerlig vas!!! My eerste weerlig foto!
Hys nou nie wat wonders nie, maar dis my eerste een!

En dan kyk na die wolk kleure! Dis amazing! Dis nou nogal skeef geneem maar dis al hoe jy die kleure sien…

Die sonsondergang het sulke mooi helder kleure! En ek moes dit vasvang! Eintlik is al ons sonsondergange mooi en vol helderkleure!

'n Sonsondergang met reën is SO mooi! Met die foto het die son klaar agter die horison verdwyn.

As jy mooi kyk sien jy die army se liggies...

No comments:

Post a Comment