05 February 2011

Waatlemoene

'n Oom het op die sandplaas waatlemoene geplant. Dit was vir my vreeslik interesant hoe dit gedoen word en ek het dit gevolg en soveel moontlik foto's geneem van hoe die waatlemoene geplant en grootword.
Hulle het bietjie ontbos, want waatlemoene moet of op BAIE ou lande geplant word of daar waar nog nooit geplant was nie. Hulle het 'n deel van die bos en 'n deel ou land gebruik!
Die land is geploeg met 'n skottel ploeg (iets wat ek nie ken nie).
Daarna het hul gaatjies gemaak met 'n impliment. Dis so cool!!
Die impliment van naby...
Hulle het die waatlemoene met die hand geplant, klomp klein plantjies.
Die plante het groot geword, en begin blom. So het die waatlemoene begin vorm en die oom het water gegooi met 'n waterkar, die kon al amper die pad sonder 'n trekker vind van die dam af tot by die land. Die waatlemoene het geswel tot hul gepluk moes word.
Die oom het so ongeveer vier plukkers, sodra die plukker gekies het die waatlemoen moet gepluk word, sny hy hom los en dit die waatlemoen op sy stingel kant. As die waatlemoen op sy groei kant gesit word, verhoog dit die kans op vrot en sleg word. Onthou, die waatlemoen groei en word langer aan daai kant, met anderwoorde dis sy sagtekant en is nog nie sterk soos die stingel kant nie.
Daarna tel die werkspan die waatlemoene op en paas dit aan tot waar dit die wa bereik, dan word dit gelaai en weggery.
Jy kry dit in die winkel en al moeite wat vir jou daar ingaan is om dit te koop en dalk kar toe te dra, jy dra geen koste vir die spuit teen siektes, die water aanry dag na dag, die plant van hoevele plantjies in honderde of duisende gaatjies, die aanry mark toe ens.
Die ergste is daar word gesteel, baie op 'n slag! So daar moet sekuriteit ook wees, wat self ook maar steel.

Ons kom nou die dag op die plaas om vir ons werkers op te tel, en na ons opgetel het ry ons aan en teen die grensdraad op, wat wag toe op ons? Twee bakkie vragte se waatlemoene wat mense kom steel het om te verkoop! Wel, as jy wil hê maak jou mond oop en vra, maar as jy steel van die grond af, sal ons dit vat en jy kry niks daaruit nie, want jy kan nie vra nie! 'n Paar dae daarna gaan maak ons weer daar 'n draai, toe vang ons die skelems in die land, besig om waatlemoene bymekaar te maak, en langs die grensdraad lê daar toe drie bakkie vragte waatlemoene! Op een vrag kom sowat 70 waatlemoene... Net om jou 'n idee te gee.
Wel wat kan nou lekkerder wees as 'n koue waatlemoen op 'n warm dag net na gimnastiek? Ek dink niks!!