Showing posts with label Homeschool. Show all posts
Showing posts with label Homeschool. Show all posts

05 February 2011

Waatlemoene

'n Oom het op die sandplaas waatlemoene geplant. Dit was vir my vreeslik interesant hoe dit gedoen word en ek het dit gevolg en soveel moontlik foto's geneem van hoe die waatlemoene geplant en grootword.
Hulle het bietjie ontbos, want waatlemoene moet of op BAIE ou lande geplant word of daar waar nog nooit geplant was nie. Hulle het 'n deel van die bos en 'n deel ou land gebruik!
Die land is geploeg met 'n skottel ploeg (iets wat ek nie ken nie).
Daarna het hul gaatjies gemaak met 'n impliment. Dis so cool!!
Die impliment van naby...
Hulle het die waatlemoene met die hand geplant, klomp klein plantjies.
Die plante het groot geword, en begin blom. So het die waatlemoene begin vorm en die oom het water gegooi met 'n waterkar, die kon al amper die pad sonder 'n trekker vind van die dam af tot by die land. Die waatlemoene het geswel tot hul gepluk moes word.
Die oom het so ongeveer vier plukkers, sodra die plukker gekies het die waatlemoen moet gepluk word, sny hy hom los en dit die waatlemoen op sy stingel kant. As die waatlemoen op sy groei kant gesit word, verhoog dit die kans op vrot en sleg word. Onthou, die waatlemoen groei en word langer aan daai kant, met anderwoorde dis sy sagtekant en is nog nie sterk soos die stingel kant nie.
Daarna tel die werkspan die waatlemoene op en paas dit aan tot waar dit die wa bereik, dan word dit gelaai en weggery.
Jy kry dit in die winkel en al moeite wat vir jou daar ingaan is om dit te koop en dalk kar toe te dra, jy dra geen koste vir die spuit teen siektes, die water aanry dag na dag, die plant van hoevele plantjies in honderde of duisende gaatjies, die aanry mark toe ens.
Die ergste is daar word gesteel, baie op 'n slag! So daar moet sekuriteit ook wees, wat self ook maar steel.

Ons kom nou die dag op die plaas om vir ons werkers op te tel, en na ons opgetel het ry ons aan en teen die grensdraad op, wat wag toe op ons? Twee bakkie vragte se waatlemoene wat mense kom steel het om te verkoop! Wel, as jy wil hê maak jou mond oop en vra, maar as jy steel van die grond af, sal ons dit vat en jy kry niks daaruit nie, want jy kan nie vra nie! 'n Paar dae daarna gaan maak ons weer daar 'n draai, toe vang ons die skelems in die land, besig om waatlemoene bymekaar te maak, en langs die grensdraad lê daar toe drie bakkie vragte waatlemoene! Op een vrag kom sowat 70 waatlemoene... Net om jou 'n idee te gee.
Wel wat kan nou lekkerder wees as 'n koue waatlemoen op 'n warm dag net na gimnastiek? Ek dink niks!!


29 January 2010

’n Hottentotsgot

Het jy al ooit so iets gesien?

Johan het vandag met ’n hottentotsgot se “vel” by die huis in gestorm “Mamma, mamma kyk wat kry ek! Dis ’n bidsprinkaan se vel!!!”

01 January 2010

Daar’s ’n hap in die maan...

Wie het almal gisteraand die maan gesien? Ons het net-net onthou! Dit was maans verduistering! Oupa en ouma (van Newcastle) het kom kuier, hulle kom elke jaar van die 31ste Desember tot die 3de Januarie (met my ma se verjaarsdag), want hulle vlug vir die krekkers wat op Oujaarsaand en Nuwejaar geskiet word tot na drie in die nag, (oumense het hul rus nodig!).

Toe het oupa uit die bloute gesê gaan kyk die maan! Dis “ones in a blue moon!” Ons gaan kyk toe die volmaan en tot ons skok het die maan ’n HAP in!

18 October 2009

Stoomtrein

Ons het vandag gaan stoomtrein ry.Daar gekom: spring ons sommer weg met middagete, want ons is ‘n hele uur vroeg!
Net klaar geëet toe ontdek die vier-manskap iets amper soos ‘n scrap-yard…
Nadat hulle vir pa geluister het dwaal hulle toe tussen die scrap rond… En sus sien toe iets wat meer na iets lyk en roep hulle toe nader vir ‘n foto.
Jy loop oor ‘n paar spore wat onderdak is, dan onder deur die ‘bordjie’ en dan onderdeur die tonnel. Op die ‘bordjie’ staan steam/stoom GERMISTON electric/elektriese DEPOT, veiligheid eerste/safety first
Die stasietjie is klein, maar oulik.
Ons kinders het elkeen ‘n kospakkie gekry (hotdog, koeldrank en tjips). Die grootmense hotdogs en koffie. Alhoewel ek ook koffie gedrink het, want ek het koud gekry.
Susan (die trein) en haar drywer.
Ons het net op en af gery, want die mense wat die treine besit mag nie op die hoof-spore ry nie.
Ons het met ons treinrit ook ‘n elektriese trein gesien…
Net voor ons uitgeklim het, toe raak ons kinders dit kwyt: “The road without pothole’s”
Die kole wat die water laat stoom en die trein aan die gang hou.
Al die meters en krane ens. Dit lyk amper soos in ‘n vliegtuig met al daai goed (inplaas van goed knoppies), maar ‘n vliegtuig het net vyf maal meer goed as die stoomtrein.
Die steenkool wat gebruik word om kole te maak. En die water? Wel, dis besig om te reën.
Die gloeiende kole word uitgegooi en dood geblus voor die trein die stoor binne ry.
Dankie, Susan en al die mense, ons het ‘n lekker dag gehad al het ons lekker nat gereën!