01 January 2010

Daar’s ’n hap in die maan...

Wie het almal gisteraand die maan gesien? Ons het net-net onthou! Dit was maans verduistering! Oupa en ouma (van Newcastle) het kom kuier, hulle kom elke jaar van die 31ste Desember tot die 3de Januarie (met my ma se verjaarsdag), want hulle vlug vir die krekkers wat op Oujaarsaand en Nuwejaar geskiet word tot na drie in die nag, (oumense het hul rus nodig!).

Toe het oupa uit die bloute gesê gaan kyk die maan! Dis “ones in a blue moon!” Ons gaan kyk toe die volmaan en tot ons skok het die maan ’n HAP in!

No comments:

Post a Comment