08 January 2010

Jippie!

Julle vandag was ’n by die huis dag vir my. Ek het probeer laat slaap maar kwart oor agt toe jaag die hitte my uit my bed.

My pa hul het vandag die kalfie gekry, maar dit was skreeu snaaks toe hy vir my die storie vertel het.

Hulle het die kalfie se ma gaan haal en op ’n waentjie gelaai, hulle het die buurman gevra of hulle daar mag gaan soek vir die kalfie en het toe toestemming gekry.

Hulle is in by die oom en toe sit hulle vas en die kalfie loop nader en dan weer weg ens. Op die ou end het hy nader gekom en hulle het hom gevang en hom by sy ma op die waentjie gelaai. Na ’n gespook het hulle die bakkie uitgetrek en kon hulle die koei en kalf by die trop gaan aflaai...

No comments:

Post a Comment