25 June 2012

Fufi-slide...

Party mense is net nie bang nie... Die "klein" boeties kom op met 'n plan, een van daai wat in vakansies die in ding is!
So begin hulle heelwat laag, met 'n ski-tou en 'n ou, harde stuk tuinslang, maar die fufi en die slide wil net nie by mekaar uitkom nie. Die bome op die werf bied ook nou nie van die beste klim en hoogte kombinasies nie.

Dis toe dat sus ingryp, ons moet by die hek uitsluip, sonder dat iemand vra waarheen ons gaan. So spring ons met rugsakke op die rug op die fietse en gaan bos toe. Daar waar lekker bloekobome is!!

So klouter neef 'n bloekom uit om te besluit oor die hoogte van die tou en hy maak hom daar vas. Ek kry 'n anker plek aan 'n lae boom en hang aan die tou, net om seker te wees die knope gaan nie los skiet as die mannetjies hier tussen hemel en aarde hang nie. Ons maak toe baaltou aan die stuk tuinslang vas en my boeties klim op na my neef, terwyl en die stuk tuinslang boontoe skiet met momentum wat ek vir hom bymekaar gemaak het!! 

Ouboet het op ons afgekom en ons 'n goeie preek gegee. Maar die uitdaging was daar en die seuns gereed om te gaan. So fufi die manne toe die middag om. 

Net voor ons toe oppak, gaan ek ook. Dit was super lekker, hoog en uitdagend!!!!