Showing posts with label Familie. Show all posts
Showing posts with label Familie. Show all posts

26 June 2011

My creative brain...

As ek 'n rede kry om my stokperdjie te doen, vat ek hom met alby hande vas!!
My tannie kom kuier nogal gereeld hier, dis nou as sy nie in die pakstoor werk nie. En ek het saam met haar gesit en scrapbooking doen dat dit bars! Dis 'n LEKKER tyd!!
Ek het 'n kuns talent van God af gekry, wat ek dalk meer aan moet werk.
Laat ek by my eintlike storie kom! My ouma bel na my ma se foon toe, ek antwoord toe, oordat my ma besig was, gee my ouma vir my die boodskap om vir my ma te gee. Die boodskap was dat my ouma-hul na hul my oom (van New Zealand) opgelaai het by die lughawe, na ons toe gaan kom en die aand by ons oorslaap!! Ek was so te sê geskok tot op my been! WAT!? Kom my oom SA toe!? Ek het op en af gespring, vir alles en almal gesmile, en my arme Pa teen die mure uit gedryf!!
My ma en haar boetie.
Ek het toe dadelik net een ding op my brein (skool kan gaan vlieg), ek gaan vir my drie nefies en twee niggies elkeen 'n scrapbook-kaartjie-boekie ding maak.
Die vier seuns en my oom trek 'n bobejaan-gesig!! LOL!!!
Ek het begin deur al vyf te vou en toe te plak. Daarna het ek die boodskappies getik en die foto's gesoek. Toe het ek die voorblaaie gemaak en die boodskappies geprint en geplak. Ek het die Bybel alfabet in 'n wiel in elke boekie gesit. Toe het ek die foto's laat maak en toe kuier my tannie weer hier. Sy het gehelp foto's plak ('n maand na my oom hier aangekom het) en tags maak, ons was net-net betyds klaar dat my oom dit kon saamvat New Zealand toe. Dit was vir my vreeslik om daai stukkie van my, wat 'n hele maand lank my misie was en amper elke dag se werk, te moes wegstuur, net toe ek dit klaar gemaak het, ek kon nie eers eenkeer daaroor slaap en trots wees nie. Maar nou, nou is dit saam met bitter baie liefde by die ontvangers, die mense waarvoor ek dit gemaak het!!
Ons vier kinders saam met my oom!
Gaan kyk gou langsaan na die slideshow.

30 April 2011

Oupa kom!

My kleinste boetie was so opgewonde oor Oupa wat oppad is dat hy vir hom 'n stoel gevat het en die hek se sleutel en daar gaan sit en wag het.
 Die muskiete het hom opgevreet, maar toe ek noem dat hy gou moet kom tabard smeer, sê hy net "nee, netnou kom oupa en dan is ek nie hier nie. Gaan haal jy dit maar"
 Min wetend dat oupa eers na skemer naby ons sal wees het hy daar bly sit, en net nou en dan sy stoel verskuif dat die muskiete hom eers bietjie soek....

10 August 2010

Vuur

Wat kry mense daaruit om ’n plek te brand? ’n Plek wat nie eers hul eieeiendom is nie! ’n Plek waar diere woon! Wat is die nut daarvan? Dis vir my so simpel! Wel, so twee dae terug, bel die buurvrou en sê ons moet gaan kyk, die plaas brand! Ek soek nog na my pa en oom, toe sien die seuns my kop ’n besig om mal te raak, hulle wil toe weet wat’s fout en ek sê daar’s ’n vuur, hulle vlieg toe hier weg en kry my oom. Saam gaan blus hulle toe die vuur en los my hier! En vandag toe hulle die beeste gaan water gee, toe bly ek maar by die huis en help my ouma, want my oom-hulle is hier en my ouma gaan die volgende dag dokter toe en sommer om haar net te bederf bly ek maar. Al het ek gebrand om saam te ry (met my oom se nuwe bakkie en om te sien waar dit gebrand het en na Cindy te gaan). Ek het my pa gevra om ’n paar foto’s te neem dat ek net kan sien hoe dit lyk.... Ek sidder by die gedagte datCindy of ander beeste kon doodbrand, never mind die klein goetertjies wat in any way doodgebrand het! En dan het ons nog ’n bul gekry! Hy is darem nie so mak dat hy jou sal stamp soos die ander een nie, die een hetdarem maniere, daai ander een pes ek met ’n passie! Hy sal jou sommer onderste bo stamp dat jy sy oor kan vryf!

Waar die vuur was!

Daar trek nog 'n rokie...

My oom en my tannie en die bul!

12 April 2010

My nefies!!!!

Gister het ek 'n ordentlike tuck-jump gedoen toe my ma my by my coaches kom oplaai het. toe ons kar toe stap toe vra my ma of ek haar SMS gekry het, ek sê toe nee, toe ek die kar oopmaak om my en my vriendin se rugsakke in te pak sien ek dat my ma 'n klompie goed gekoop het. Toe vra ek haar vir wat dit is toe sê sy lees jou SMS’e ek haal toe my selfoon uit my rugsak en lees dat ons more vir my oom hulle gaan kuier by die rivier. Dis toe dat ek spring en YES uitskree! In die dorp... Maar my blydskap was oorweldigend! My coaches het seker gedink eks mal! maar dit maak nie saak nie! Maar ek wil ook nie by hulle weggegaan het nie. maar alles met 'n begin het 'n einde, of dit in jou leeftyd is of nie, daar is 'n begin en 'n einde!

Wel vandag was ons na hulle toe! Dit was SO lekker!!! My oom is besig om 'm dek te bou tot teen die rivier. Dit is so mooi! maar soos ons gimnaste is als word uitge”try”. Ons het amper die hele dag op die balke geloop en die kleintjies het daar gespeel! Die dek het nog nie 'n vloer nie, net die dak en die raamwerk...

Ons het mekaar ge”dare” dat ons op die enkel balke moet loop, na ete het ek eers daai goet begin trust, gimnas of nie gimnas nie, ek wil net lewe as ek weer daar weggaan! En dis redelik ver grond toe! wel toe stap my vriendin eers na die end toe en toe ek, toe ek die by die volgende paal kom toe gryp ek hom vas en sê net dankie tog! Toe moes ek weer terug stap! Toe raak dit 'n speletjie en toe gaan “pose” ons nog vir foto’s!!!!

Ons het soos gewoonlik lekker geëet! En ek het weer my neefs geniet!

Ek dink dit was die wonderlikste naweek in my lewe!

Ek en "sus"...
Die familie

HP, Ek, my vriendin en Andrè
Johan, WP en C-H
Die bobejaan ginerasie... Ekke
My vriendin.
Henry...
Neefie en Johan
Toue en stokke en seuns...

Ons kinders geniet die neefs 100%!
Ons boelie hulle! Die arme goed!
En nou is ons onder!
Nou my beurt!
Eks baie lief vir my twee "boeties"!
'n Ruskans!

Ons malles doen wawiele die skuinste af...

Gelukig was die coaches nie daar nie! LOL!
Een, twee, drie spring!
Ons "pose" net...
Smile a while!
GF - Gymnasts Forever
Smile girls!!! Or gymnasts?!?!
Henry en sy pel.
My twee neefs...
Kom wille-man! LOL!

Ek dink gimnastiek is ansteeklik!

09 April 2010

Oupa en ouma

Ons het die afgelope week by my ouma hulle gekuier in Newcastle. Oupa hulle het Donderdag gekom en ons het Vrydag gery na hulle toe. Saterdag was ons maar net by die huis, en het geswem en TV gekyk en die kleintjies en ouma het besluit hulle gaan stap en brood en melk koop. Ek het my GL kursus se goed begin lees (dis nogal boring vir ons om in 'n dorp oor te bly...).

Die Sondag is ons Memel-kerk toe. En toe het ons na kerk deur die Normandienpas gaan ry. My ma het toe sy klein was skape daar rond getrek en my oupa wou ons dit gaan wys het. Hy't ook vertel van 'n paar ongelukke wat al daar gebeur het. Toe ek die afdraande sien toe verstaan ek dit geheel en al! Dis HOOG en STYL! Maar dis mooi!!! Rêrig baie ook!

Maandag was ons net by die huis en ek het my kursus se lêer gelees.

Dinsdag het ek en ouma gaan klere shop... Ek is nogal erg as dit by klere kom, en my ma en ouma en my smaak verskil meer as net dag en nag!!! Gelukkig was dit net ek en ouma. LOL!

Woensdag het ek die laaste goed in my lêer deurgelees en toe het my ma-hulle gekom. Al ons kinders het weer vir 'n slag geswem, want dit was nogal koud, alhoewel die kleintjies geswem het en dan met blou lippe uitgeklim het. Veral Maandag!!!

Vanoggend het ons gou gaan kos koop en toe hamburger-patties gaargemaak om hammies langs die pad te eet. Toe het ons die pad terug aangepak... In Ermelo het ons Henry se vriend opgelaai. En toe in Middelburg, my vriendin. Toe het ons gou geëet en weer begin ry. Ons het toe gou by Loskopdam gestop wat oorloop laat die "stoom" (een van die kinders in die familie het gepraat van stoom toe hul die eerste keer die miswolke gesien het) staan.

Toe't ons reguit huis toe gekom, by die huis was dit toe al skemer-donker. Toe ons voor die garage deur stop toe begin my ma se hond blaf vir die voorwiel, toe's daar 'n klein Mosambiekse spoegkobratjie!!! Wat 'n verwelkoming!