09 April 2010

Oupa en ouma

Ons het die afgelope week by my ouma hulle gekuier in Newcastle. Oupa hulle het Donderdag gekom en ons het Vrydag gery na hulle toe. Saterdag was ons maar net by die huis, en het geswem en TV gekyk en die kleintjies en ouma het besluit hulle gaan stap en brood en melk koop. Ek het my GL kursus se goed begin lees (dis nogal boring vir ons om in 'n dorp oor te bly...).

Die Sondag is ons Memel-kerk toe. En toe het ons na kerk deur die Normandienpas gaan ry. My ma het toe sy klein was skape daar rond getrek en my oupa wou ons dit gaan wys het. Hy't ook vertel van 'n paar ongelukke wat al daar gebeur het. Toe ek die afdraande sien toe verstaan ek dit geheel en al! Dis HOOG en STYL! Maar dis mooi!!! Rêrig baie ook!

Maandag was ons net by die huis en ek het my kursus se lêer gelees.

Dinsdag het ek en ouma gaan klere shop... Ek is nogal erg as dit by klere kom, en my ma en ouma en my smaak verskil meer as net dag en nag!!! Gelukkig was dit net ek en ouma. LOL!

Woensdag het ek die laaste goed in my lêer deurgelees en toe het my ma-hulle gekom. Al ons kinders het weer vir 'n slag geswem, want dit was nogal koud, alhoewel die kleintjies geswem het en dan met blou lippe uitgeklim het. Veral Maandag!!!

Vanoggend het ons gou gaan kos koop en toe hamburger-patties gaargemaak om hammies langs die pad te eet. Toe het ons die pad terug aangepak... In Ermelo het ons Henry se vriend opgelaai. En toe in Middelburg, my vriendin. Toe het ons gou geëet en weer begin ry. Ons het toe gou by Loskopdam gestop wat oorloop laat die "stoom" (een van die kinders in die familie het gepraat van stoom toe hul die eerste keer die miswolke gesien het) staan.

Toe't ons reguit huis toe gekom, by die huis was dit toe al skemer-donker. Toe ons voor die garage deur stop toe begin my ma se hond blaf vir die voorwiel, toe's daar 'n klein Mosambiekse spoegkobratjie!!! Wat 'n verwelkoming!

No comments:

Post a Comment