24 April 2010

Tweede keer!!

Vandag was weer gimnastiek! En ek het weer gecoach! Soos altyd is gimnastiek baie lekker! En die kleintjies baie oulik!

Vandag het die saal darem baie beter gelyk! En ons kon weer in die saal werk! My coach het gesê ek moet weer 'n bietjie spronge en brug/rekstok met die kleintjies doen, want sy het dit lank terug met hulle gedoen.

Ons het bietjie op brug/rekstok gewerk, julle daai klein lyfies op die groot apparaat is te cute vir woorde! En ons het strek-sprongetjies gedoen en ster-sprongetjies. Toe het ons 'n paar vooroor-rolletjies gedoen en toe S-T-O-P stop gespeel vir die laaste 2 minute... Die tyd het nogal gevlieg! Toe ek weer kyk toe is ons al 'n uur besig!

Ek het dit so geniet. Ek dink gimnastiek is die wonderlikste sport op aarde! EN as jy sulke coaches soos ek het is dit nog beter en lekkerder!!!

No comments:

Post a Comment