23 October 2011

Dis 'n weie draai, dis 'n Kaapse draai...

My boetie het SA's in gimnastiek gekry en ons is oppad Kgalagadi toe... Hier begin die Kaapse draai!

 Die eerste nag het ons by Mokala oor geslaap, dit was ysig koud, maar dis 'n baie mooi plek! En het skoon en lekker geriewe! Ons het donker daar aangekom en is vroeg die volgende oggend op om op te pak en die reis verder aan te pak. Wat bietjie skokkend was, was die feit dat tussen my en noem dit nou buffel, wit of swart renoster, net 'n ge-elektrifieseerde draad van so kniehoogte is en dan 'n "hek" (ook van ge-elektrifieseerde draad) so enkel hoogte...
 Die pad deur die Karoo is die langste en aakligste deel oppad af... Maar die keer het ons blomme gekry! Veral die perses!!


By Drie susters het ons skoonma se stoel gekry.




 Die tweede aand het ons weer by Slanghoek oorgeslaap.
 Die rede... Boeta het SA's!!!!
 'n Photo-shoot langs die Breë-revier!
 En in die wingerde.
 Toe vat ons die pad noorde toe. Die was tussen Slanghoek en Van Puttensvlei. Dit was rerig mooi! Ek is mal oor die padstalletjie.
 Uiteindelik sien ek die see!! Maar daai water is BRRRRRRR koud!!
 Ek lief die see stukkend en geniet my gate uit, hoewel die boeties meer doen!
 Ons het in Lambertsbaai 'n draai by die hawe gemaak.
 En lekker seekos geëet met ons voete in die sand en die son wat sak oor die water!
 'n Paar foto's op Van Puttensvlei.
 Die skilpaaie was 'n groot treat!! En word rerig goed versorg!
 Die was net voor ons die Wes-Kaap groet...
 En die Noord-Kaap ingaan!
 Die was op Die Mas, waar ons skaars 'n oog toe gemaak het die nag, en die donkie voor ons tent gebalk het. Ons sou twee aande oorslaap, maar na die aand se min slaap, pak ons toe op en vat die pad nog meer NOORD!
 Terwyl ons verby die Augrabiese watervalle gaan moet mens seker stop en foto's neem.
 Hoewel ek lekker gebrand en gesweet het, het die waterval dit die moeitewerd gemaak!
 In die Kgalagadi is daar werklik baie voëls, vergeet van diere en kyk vir die voëls. Ek het so amper 'n vangs gesien, maar toe glip die slang in sy gat in en gaan sit voël op 'n tak.
 Dan is daar darem diere, van groot tot klein, van interesant tot super interesant, van oulik tot super oulik!
 My grootste wens was om 'n cheetah te sien, en die maak God my wens waar op die laaste dag! En ons sien drie volwassenes, vier jonges en een baba. Ek is min gespin oor 'n leeu, maar 'n cheetah... Wel die heel boonste twee fototjies is van die mamma en die baba, waar sy hom gaan haal het om te kom eet en onder die boom waar haar vangs lê en wag dat baba aan dit kan eet.
 Hier kan jy sien dat ons baie by die swembad was en roomys geëet het. Dat ons lekker gekamp het en dat koffie en beskuit kan smile... En wel dat ons darem piekniek gehou het en die laaste sonsondergang afgeneem het.
 Terwyl ons kinders in die swembad geboer het, het my pa kameelperde gesien. EN ek 'n skoenlapper langs die swembad. Ons groet die Kgalagadi, die warm droë, mooi plek.
 Die was by homeschoolers op Kanon eiland waar ons lekker gerus het en die laaste paar dae van vakansie geniet het!

 Die klomp kinders in die Oranje rivier!
En nou die pad terug huis toe...