Showing posts with label Vakansie. Show all posts
Showing posts with label Vakansie. Show all posts

23 October 2011

Dis 'n weie draai, dis 'n Kaapse draai...

My boetie het SA's in gimnastiek gekry en ons is oppad Kgalagadi toe... Hier begin die Kaapse draai!

 Die eerste nag het ons by Mokala oor geslaap, dit was ysig koud, maar dis 'n baie mooi plek! En het skoon en lekker geriewe! Ons het donker daar aangekom en is vroeg die volgende oggend op om op te pak en die reis verder aan te pak. Wat bietjie skokkend was, was die feit dat tussen my en noem dit nou buffel, wit of swart renoster, net 'n ge-elektrifieseerde draad van so kniehoogte is en dan 'n "hek" (ook van ge-elektrifieseerde draad) so enkel hoogte...
 Die pad deur die Karoo is die langste en aakligste deel oppad af... Maar die keer het ons blomme gekry! Veral die perses!!


By Drie susters het ons skoonma se stoel gekry.




 Die tweede aand het ons weer by Slanghoek oorgeslaap.
 Die rede... Boeta het SA's!!!!
 'n Photo-shoot langs die Breë-revier!
 En in die wingerde.
 Toe vat ons die pad noorde toe. Die was tussen Slanghoek en Van Puttensvlei. Dit was rerig mooi! Ek is mal oor die padstalletjie.
 Uiteindelik sien ek die see!! Maar daai water is BRRRRRRR koud!!
 Ek lief die see stukkend en geniet my gate uit, hoewel die boeties meer doen!
 Ons het in Lambertsbaai 'n draai by die hawe gemaak.
 En lekker seekos geëet met ons voete in die sand en die son wat sak oor die water!
 'n Paar foto's op Van Puttensvlei.
 Die skilpaaie was 'n groot treat!! En word rerig goed versorg!
 Die was net voor ons die Wes-Kaap groet...
 En die Noord-Kaap ingaan!
 Die was op Die Mas, waar ons skaars 'n oog toe gemaak het die nag, en die donkie voor ons tent gebalk het. Ons sou twee aande oorslaap, maar na die aand se min slaap, pak ons toe op en vat die pad nog meer NOORD!
 Terwyl ons verby die Augrabiese watervalle gaan moet mens seker stop en foto's neem.
 Hoewel ek lekker gebrand en gesweet het, het die waterval dit die moeitewerd gemaak!
 In die Kgalagadi is daar werklik baie voëls, vergeet van diere en kyk vir die voëls. Ek het so amper 'n vangs gesien, maar toe glip die slang in sy gat in en gaan sit voël op 'n tak.
 Dan is daar darem diere, van groot tot klein, van interesant tot super interesant, van oulik tot super oulik!
 My grootste wens was om 'n cheetah te sien, en die maak God my wens waar op die laaste dag! En ons sien drie volwassenes, vier jonges en een baba. Ek is min gespin oor 'n leeu, maar 'n cheetah... Wel die heel boonste twee fototjies is van die mamma en die baba, waar sy hom gaan haal het om te kom eet en onder die boom waar haar vangs lê en wag dat baba aan dit kan eet.
 Hier kan jy sien dat ons baie by die swembad was en roomys geëet het. Dat ons lekker gekamp het en dat koffie en beskuit kan smile... En wel dat ons darem piekniek gehou het en die laaste sonsondergang afgeneem het.
 Terwyl ons kinders in die swembad geboer het, het my pa kameelperde gesien. EN ek 'n skoenlapper langs die swembad. Ons groet die Kgalagadi, die warm droë, mooi plek.
 Die was by homeschoolers op Kanon eiland waar ons lekker gerus het en die laaste paar dae van vakansie geniet het!

 Die klomp kinders in die Oranje rivier!
En nou die pad terug huis toe...

18 October 2010

See vakansie!!

Dis die lekkerste vakansie wat jy vir my kan gee! En dit is by die see!! Dis die grootste bederf onder die son! Ons was af Kaap toe vir sowat twee weke! Ons het getoer van die een plek na die ander! Ek het later gevoel soos 'n seat!! Dat ek nog nie soos een lyk nie is 'n wonder! My rug was later seer gery! En ons het nie eenkeer in die see geswem nie! Net op die strand geloop en bietjie in 'n rivier geswem...

Dag 1: Ons het van die huis af gery na my ma se een vriendin naby Viljoenskroon. Daar het ons een aand oorgeslaap.
Dag 2: Ons het van Viljoenskroon af gery na Middelburg. En by my oupa se skoolmaat oorgeslaap.
Dag 3: Ons ry die oggend van Middelburg af en stop by "Jagtpoort " en koop vrugte-rolle en kyk bietjie rond. Daarna stop ons langs die pad, by 'n blokhuis naby Laingsburg. En toe ons in Laingsburg is, is ons na die vloed museum... Die Diefwering het elk 'n ander tema! Toe verlaat ons die Karoo en gaan oor die Hex-rivier-pas die Kaap binne! Dit was van WOW! Wat 'n gesig!! Toe slaap ons op 'n boer se plaas in die slanghoek destrik. Teen aan die Breërivier!
Dag 4: Na 'n lekker nagrus, is ons op en ry ons na Worcester, waar ons na die instituut vir blindes is, en die tannie vir ons 'n "toertjie" gereël het. Ons het ook gaan kyk hoe die blindes skoolgaan. Volgende was die De la Bat skool, die skool vir dowes. Daar het ons met die hoof gesit en gesels. Toe is ons na Kleinplasie, daar was nie veel nie, ons het maar net na alles gekyk, wens party goed kon werk! Toe het ons vinnig 'n draai by Rosenville gemaak en naby die huisie langs die pad in die rivier geloop. Dag 5: Ons kinders het 'n mal bevlieging gekry om in die rivier te swem! En ons het dit gedoen, bibber en bewend, maar ons het dit gedoen (saam met die paddavissies geswem!). Toe is ons na die Slanghoek-kelder, ons het daar net deurgeloop saam met 'n "lyer", wat ons net kon verduidelik hoe dit werk (want oestyd is mos nie die tyd van die jaar nie). Toe is ons Paarl toe, waar ons by my ouma se neef gaan middag ete eet het. En ek familie ontmoet het! My agter-agter-klein-neefs! Toe is ons na die Kaapse rebelle gedenktuin toe. En daarna na die taal monument toe. Daar sien ek toe Tafelberg vir die eerste keer in my lewe, al was dit deur die wolke (deur die blare sou beter geklink het!). Toe ry ons via Bainskloof terug Slanghoek toe! Ek het gedog die draaie gaan my nog afgooi! Maar dit was mooi! So kom ons ook lekker laat by die huis aan.
Dag 6: Ons het begin oppak. En toe ry ons deur die Hugenote tonnel (hy is nou vir jou LANK!). Toe stop ons in Stellenbosch by my oupa, se pa, se jongste sussie. Sy nooi ons toe om saam met haar in die botaniese tuin te gaan eet. Na heelwat gesels (oor geskiedenis) ry ons verder en stop by die aarbei-plaas! Dit was net 'n moet! Ek is so bly ons het die tyd gegaan, want ons kon aarbeie eet! Toe is ons Kaapstad toe, om 'n plaas te verlaat en na die stad te gaan is hel!! Daar slaap ons toe by my ma se niggie.
Dag 7: My ma-hul kuier 'n hond uit 'n bos, maar eindelik is ons in die pad na..... Kaap-punt! Ons Loop toe na die punt, en so graag soos ek wou, is ons toe nie op na die vuurtoring nie, (want tyd en party mense se asems raak bietjie min). Die plek se plantegroei verskil BAIE van dit wat ek gewoond is! Toe is ons naom te gaan pikkewyne kyk! Toe is ons na Simonstad se museum, en toe ry ons Capman's peak om na Groot Constantia, maar ons was letterlik net 'n minuut te laat, want toes dit vyf uur, maar ons het buite rond geloop en fotos geneem. Toe ry ons na my oupa se jongste boetie en eet aandete daar. Love hulle BAIE! Die aand is ons eers so 12 uur by die huis aangekom, my ma se niggie was die aand weg op 'n kamp.
Dag 8: Eerste by Tafelberg wen!! Ons is Tafelberg toe en op met die kabelkarretjie, die lug was skoon, en dit was warm! Hoewel dit nie eenkeer bo 26 grade was nie! Dit was so dat ek nie eers my baaitjie bo op die berg aangetrek het nie. Toe is ons kasteel toe en akwarium toe, ons was net na vier klaar met dit wat ons wou doen. Ek het niks lekker gevoel nie, en toe ons by die huis kom het ek gaan slaap, later het my ma se niggie huis toe gekom en ek het laat opgestaan net om iets in my maag te kry. Moenie dink hy wil rus nie!! Dag 9: Ons vat die pad, na my ouma se sussie (of my ma se niggie by wie ons geslaap het, se ma), naby Hermanus. Ek het steeds soos 'n zombie gevoel, maar daar verby try kyk. Toe ons daar kom het ons net gesels en in die huis gebly, want dit het gereën. Dit het gevoel of ons die wolke saam met ons trek!!
Dag 10: Ons is uiteindelik af strand toe, om ons voete nat te maak. Net ons kinders is af, en toe maak die een golf ons bietjie nat van onder af en die wolke maak ons nat van bo af. "n Goeie kombinasie om my hare te laat KRUL!!! Toe is ons na 'n vlei toe en toe weer terug huis toe.
Dag 11: Na ontbyt, klouter almal in die kar. Ons het walvisse gekyk en by 'n kers fabriek gestop. Toe is ons Waenhuiskrans toe. Daar loop ek en boetie hand aan hand in die see om in die grot in te gaan, na de vorige dag se skrik, hou André die water met 'n valk oog dop. Toe die golf inkom spring hy op die naaste klip en met die het ek nie genoeg grip nie en val ek my velle af!! Die volgende oomblik toe bars ek uit van die lag! En dit pyn en dit brand maak ek wil my skeur! Toe ons weer uit die krans is het ons gaan broodjies eet en ons kinders het baljaar op die strand!! Weer in die kar, die keer op pad na L'agulhas toe. Daar split ek toe oor die twee oseane, (en skeur die velle nog beter oop). Toe is ons op met die vuurtoring en weer af en huis toe.
Dag 12: Alweer op pad !! Die keer na my oupa se oudste boetie se vrou toe, waar ons later koffie gedrink het, en net voor dit het ons 'n seafood-platter geëet. Toe ry ons aan na die tannie se dogter toe. Waar ons toe die nag oorslaap. En ek weer familie ontmoet!
Dag 13: As ek maar net kon vlieg van punt A na punt B!! Ons het by Robberg gestop en bietjie geklim en klouter! Is dit nie mooi nie!! Toe moet ons baai sê vir die see! Dit noem jy nou my swak punt daai! Toe is ons weer op pad na Middelburg, waar ons by my oupa se skoolmaat se dogter oorgeslaap het! Daai kan jy nou 'n plaas noem! Want dit lyk soos een!
Dag 14: Na 'n lekker ontbyt, klim ons weer in die pad. Ons het by die militêre museum gestop vir die manne. EK het toe al soos geskiedenis gevoel, vol gestop van goed waarvan ek nie hou nie. Ons beplanning was om reguit huis toe te gaan. Maar ongelukkig was daar te veel wind en sulke goed en toe slaap ons by Willem Pretoruis oor.
Dag 15: YAY!!! Nou reguit huis toe! Ons het gou in Pretoria by my maatjie gestop. En toe ons hier kom is my tannie en my neef hier (want die res van die gesin is saam met 'n rugbyspan oorsee!! Van als was die see die grootse moeite werd!!! Love die see!!!