23 January 2009

Slange en honde

Net voor twaalf, was daar by my tannie se huis ‘n hewige geblaf van die honde, toe was daar ‘n slang ons vermoed dit is ‘n Bosveldkobra, toe het die slang my tannie se Walliese terrier (hond) gepik. Dit het ‘n hele rukkie gevat om die slang by hom af te vat, want jy kan nie hom of die slang optel nie, want hy knor en wil mens byt (As jy nie my tannie is nie). Uiteindelik toe kry ons die slang gevat(my oom het hom aan sy beld vas gehou). Toe kon ons eers nie sien of die slang hom gepik het nie en toe ons sien hy’s gepik, het my oom eers die veearts probeer bel maar nie antwoord gekry nie. Toe lyk dit vir my of die hond wil vrek en ek roep my oom, toe sê hy ek moet my pa van sy selfoon af bel, hy wil die afgetrede veearts bel. Ek het my pa gebel en gesê: “Pappa, oom Carl sê pappa moet so gou as moontlik kom. Jock is gepik deur ‘n rinkhals of een of ander slang”. Toe hy by die huis is moes ek hol vir spuite en spuitnaalde, en my oom het die spuitstof gaan haal. My pa en my oom het Jock gespuit (maar hy’t nie geknor of tande gewys nie (hy doen dit as hy nie so halfdood is nie) net gelê en asem haal) en nie lank daarna nie is hy dood…

16 January 2009

Die nuwe kalfie Rooies

In die 3de Januarie se oggend het (die outjie wat vakansie werk hier gedoen het) ‘n koei ingespuit want sy’t rooiwater, die middag het my oom gaan kyk of sy nog lewe en die aand het hy so 8uur gaan kyk of sy nog lewe, toe is sy al vrek. My 2 ooms het toe nie kansgesien om in die donker na ‘n kalfie te soek en te vang nie. Die 4de, die Sondag het ons gewag vir die oom van die krokodilplaas hier naby, om die dooie koei te kom oplaai vir sy krokodille. Toe hy uiteindelik so 10 uur hier is het ons saam gery en toe het ons gespook om die opgeblaasde, swaaaaaar koei op die bakkie te laai dat die oom haar net na sy krokodilplaas toe te kan vat. Ons was my 2ooms, my pa my 3 nefies(18, 16 en 7) ek (14) en my 3 boeties (12, 6 en 4) en dan ook nog die oom van die krokodilplaas met een van sy werkers (ek is amper so sterk soos die werker, dalk net bietjie onvas op my voete, waar die werker redelik stewig is). Toe het ek my 3 boeties en my nefie (7) elkeen ‘n krokodiltand gekry (Jis, maar daai tande is sooo stomp, wys jou hoekom ‘n krokodil se kakebeen so sterk is).

Toe moet ons nog die kalfie soek en vang. Dit was darem net so 20 minute teenoor die koei se laai wat amper ‘n uur was. My 1 oom het die kalfie vinnig gevang (dankie tog, want ek het gedink ek gaan nog dood gaan van die hitte). Die kalfie het ‘n paar keer met die huis toe ry op gespring en dan sukkel ek en my nefie (16) om hom weer te laat lê (dan dink ek by my self: as die tralies nie op was nie, dink net hoe sou jy dan gesukkel het dat jy nie af voeter nie. Want as hy opspring dan HOL hy vir die tralies!!!). Daai Rooies (bulletjie, die nuwe kalfie) drink nog nie self die bottel nie, ons sukkel maar elke dag (3keer op ‘n dag) se om net die melk in sy keel af te kry. Ons gebruik ‘n bottel met ‘n kunsspeen om die kalfies melk te gee. Gewoonlik is dit net so 5 keer se sukkel dan suip die kalfie self aan die kunsspeen, maar hierdie bulletjie dink anders.

04 January 2009

2008, ‘n ‘party’ jaar!!!

(Ek het die 23ste Des verjaar). Ek het seker 3 keer 2008 partytjie gehou: 1 keer saam met 3 kinders (2 boeties (13,10) en 'n sussie (10, die tweeling) die oudste boetie het my met Cindy gehelp, toe sy siek was) wat by hulle oupa vir die vakansie gekuier het en die oupa het saam met ‘n ander oom by ons die inrypad oorgegruis. Toe saam met my vriendin en haar 3 sussies en 1 boetie en toe op my verjaarsdag saam met ons dominee en sy gesin, later die dag, die famielie wat op die plaas is en die outjie wat vakansiewerk by ons gedoen het maar die vakansie was die laaste keer want hy gaan aan die einde van die jaar begin werk. Al was elke partytjie net koek en waatlemoen was dit darem iets en lekker.

Kersfees was ons by my oupa-hulle in Newcastle, ons vermoed dis die laaste kersfees daar gewees want hulle beplan om 2010 New Zealand toe te trek, en 2009 se kersfees moet ons op die plaas bly om te sorg dat die beeste water het en my ouma nie alleen hier te bly nie. Toe het ons by my ouma-hulle gebly tot die 3de Jan (op my ma se verjaarsdag, ons sou die 2 de gery het maar toe jaag die iemand nonsens aan op my oupa se plaas).