30 November 2009

Slang seil en sis

Ons het vandag op die sand plaas ‘n draai gaan maak om te kyk of alles nog reg en in plek is want ons maak reg om die beeste soontoe te trek (ek kan nie wag nie). Ons stop toe by die sementdam. Die dam en trappies en ‘n klein kamertjie waar op ‘n drom staan is aanmekaar vas gebou. By die dam is ek en kleinboet eerste uit en ons hardloop op die ongelyke paadjie vol oliebome, stene en stukke hout, toe die trappies op en bo gekom gaan ek staan en wag vir kleinboet. Ek steek toe my hand uit en wil teen die kamertjie leun, maar voor ek aan die kamertjie raak sien ek vir Luisie ons ou vriend wat ons uit die dam gered het. Maar kyk so lief soos ek vir ‘n luislang is so groot het ek geskrik! Ek spring toe op die damwal (dit in ‘n millisekonde) en skree vir kleinboet “pasop! Luislang!” my nefie sê ek het gesê “passsop!! Luissssslang!!!”

Ek kan bly wees ek het nie in die dam gespring toe ek geskrik het nie, want daar was twee dooie watervoëls en ‘n slang in, die stukkies vleis het in die water gedryf en daar was wurms, alge en die vrot karkasse. Dit her gruesome gelyk!

My pa en oom gaan eers die dam uittap en die gagga goed uithaal voor hulle weer gaan begin water intap.


26 November 2009

'n Welkom-terug koek!

My ma was vir amper twee weke na haar boetie toe in New Zealand. Dit vat nogal guts om ‘n huisgesin van 5 te run! Dis ek, my pa en die 3 boeties. Ek het toe besluit om ‘n welkom terug koek te bak vir my ma!

In die hitte het ek dit toe gedoen! Die geluk was aan my kant dat niks geflop het nie! Ek het in 2008 ‘n kursus vir koekversiering van my ouma af gekry, maar ek het nooit die prakties gedoen nie... Ek vat toe al die boeke en goeters wat ek gekry het vir die kursus en ek doen toe my prakties! Watch hoe’t my koek uitgekom:

13 November 2009

Ek het dit!

Julle ek't omtrent gebid dat ek die gimnastiek prys uitdeling kan bywoon! Ek het tot Saterdag by Socket gaan sit en ek't vir hom als vertel, mamma vlieg die 13de en die 12de is dit die prysuitdeling en pa sê ons gaan nie gaan nie, want die volgende dag is ons die hele dag in Pretoria en dan nog lughawe toe ook! Ek wil so graag gaan.

Arme Socket se ore was seker seer! Ek’t die hele Saterdag oggend van negeuur tot twaalfuur by hom gesit ek't tot aan die slaap geraak op sy magie! Die gekraak van die gras het my wakker gemaak en toe ek opkyk toe is dit die een werker wat vir Socket kom melk gee! Toe ek eindelik oor die storie dat ek nie die prysuitdeling kan bywoon nie is, toe swaai my pa se besluit!

Toe sê hy ons sal by die prysuitdeling wees, maar ons SAL die laaste oefening opgee om my ma te gaan haal! Ek pars toe net daar en dan weer uit in trane! Ek kan dit net nie glo nie! Nou moet ek my laaste en wonderlikste en lekkerste en beste (als wat positief is) oefening opoffer vir die stad, met sy mense wat so koud soos ys lyk en niemand wat eers vir my sal smile of my groet nie. En daarby als mag my pa ook dalk net grumpy wees en ek sal in elk geval nie met my ma mag praat op pad huis toe nie so wat wil ek daar gaan maak? Actually, sweet-blue-blou-boggerol! Niks is positief nie! Net dat ons my ma gaan haal. Maar dis nie waaroor die storie eintlik gaan nie!

Ek kry toe by die prysuitdeling: “WAG, Level 1, Beste vordering”!

Ek was so verbaas! Ek en my gimnastiek vriendin het net voor ons trofee’s uitgedeel word vir mekaar gefluister en probeer raai wie wat gaan kry! Sy sê toe ek gaan beste vordering kry! En...

Ek kan dit nie glo nie!!!

Coaches, thanks vir als wat julle doen, waarmee julle my help, vir elke warm smile, vir ALS, julle weet wat tel! Julle is die beste!!!

09 November 2009

By my neefs, my big brothers...

Kyk as daar iemand is waarvoor ek baie lief is, is dit my twee neefs. (Die een wat in die motorfiets ongeluk was en sy boer.) Dit mag dalk wees oordat hul ouer as ek is... Maar dit maak nie saak hoekom nie! Eks net BAIE lief vir hulle!!!

Volgens “oorlewing” het my neefs inplaas van niggie vir my “liggie” genoem… En as jy sê ons gaan daar kuier, is ek net in die wolke, dans dit hemel op aarde! Nie dat hulle, hulle veel aan my steur nie, (ek is maar net die enigste nig vir hul) hul baklei maar net so lekker met my. Die een wat in die ongeluk was is 4 jaar ouer as ek en sy broer 2 jaar. Hulle het 'n stukkie grond langs die Olifants rivier, en ons kuier baai keer daar.
Dis so lekker om die natuur so te beleef! Maar om die natuur op 'n quad te beleef is iets uit die boonste rakke!
My pa wil nie vir ons quads koop nie hy is maar versigtig, maar as ons daar kom is dit altyd my wens “asb. kan ons nie gaan quad ry nie” ek sê dit nooit, maar in my kop smeek ek. En net partymaal ry ons.
Vandag was ons rivier, pakstoor, beeste en boorde toe.Dis vrek lekker!
My tannie en oom is ook ‘n treat en a half!
Sussa:
Ek's BAIE LIEF vir jul al vier!!!