Julle ek't omtrent gebid dat ek die gimnastiek prys uitdeling kan bywoon! Ek het tot Saterdag by Socket gaan sit en ek't vir hom als vertel, mamma vlieg die 13de en die 12de is dit die prysuitdeling en pa sê ons gaan nie gaan nie, want die volgende dag is ons die hele dag in Pretoria en dan nog lughawe toe ook! Ek wil so graag gaan.
Arme Socket se ore was seker seer! Ek’t die hele Saterdag oggend van negeuur tot twaalfuur by hom gesit ek't tot aan die slaap geraak op sy magie! Die gekraak van die gras het my wakker gemaak en toe ek opkyk toe is dit die een werker wat vir Socket kom melk gee! Toe ek eindelik oor die storie dat ek nie die prysuitdeling kan bywoon nie is, toe swaai my pa se besluit!
Toe sê hy ons sal by die prysuitdeling wees, maar ons SAL die laaste oefening opgee om my ma te gaan haal! Ek pars toe net daar en dan weer uit in trane! Ek kan dit net nie glo nie! Nou moet ek my laaste en wonderlikste en lekkerste en beste (als wat positief is) oefening opoffer vir die stad, met sy mense wat so koud soos ys lyk en niemand wat eers vir my sal smile of my groet nie. En daarby als mag my pa ook dalk net grumpy wees en ek sal in elk geval nie met my ma mag praat op pad huis toe nie so wat wil ek daar gaan maak? Actually, sweet-blue-blou-boggerol! Niks is positief nie! Net dat ons my ma gaan haal. Maar dis nie waaroor die storie eintlik gaan nie!
Ek kry toe by die prysuitdeling: “WAG, Level 1, Beste vordering”!
Ek was so verbaas! Ek en my gimnastiek vriendin het net voor ons trofee’s uitgedeel word vir mekaar gefluister en probeer raai wie wat gaan kry! Sy sê toe ek gaan beste vordering kry! En...
Ek kan dit nie glo nie!!!
Coaches, thanks vir als wat julle doen, waarmee julle my help, vir elke warm smile, vir ALS, julle weet wat tel! Julle is die beste!!!
No comments:
Post a Comment