19 June 2010

YS-koud!!!

Met YS-koud bedoel ek koud! So dat daar skoon ys vorm hier in die noorde op enige iets! Van 'n groen blaar tot 'n droë paal! Die afgelope oggende is dit -2; -3; en dan gaan ons op na so 15 grade celsuis... Vir my is dit ysig en onplesierig! Die winter het skaars begin en ek wens klaar weer dis somer, met die hitte en al dink ek somer is steeds beter as winter! Dalk, net dalk is dit oordat ek 'n Desember-baba is!

15 June 2010

Die afskeid was erg!

Ek moes vandag afskeid neem van Socket... My pa hul het hoem verkoop aan die voerkrale, en hy is vandag gelaai saam met 'n paar ander koeie en kalwers. Ek het vir oulaas 'n paar foto's van hom op die lorrie geneem. My oom het die lorrie in die werf parkeer dat ek, my tannie en die seuns kon afskeid neem. Die trane het amper geloop, maar ek het dit ingehou oordat daar 'n spul goed is wat gedoen moet word, want Johan het gister 8 geword en het partytjie gehad vanmiddag. Een van die dae is Socket polony! :'-( Shame, as hy maar net weet wat op hom wag...
En al sy maatjies...

14 June 2010

Tweeling

Soos elke Sondag middag, ry ons vandag beeste toe. Alles lyk goed maar toe ons verby die een koei ry sê my pa iets is fout. Ons stop ek en kyk. So sien ons toe dat die koei geaborteer het, eers sien ons net die een klein lyfie en toe ons uitklim die tweede... Dis die eerste keer dat ek 'n tweeling sien. Dis bitter min dat beeste tweelinge kry. Die koei was bietjie klein gebou en dan moet sy nog dragtig wees met 'n tweeling! As die koei net grooter was was daar dalk 'n beter kans op oorlewing. Ek wens die tweetjies het geleef, want ek sou hul groot gemaak het soos 'n baba, sou tot in my kamer geslaap het, maar huls geheel en al te vroeg gebore, die twee lyfies saam maak skaars een kalfie van 'n week oud!