12 April 2010

My nefies!!!!

Gister het ek 'n ordentlike tuck-jump gedoen toe my ma my by my coaches kom oplaai het. toe ons kar toe stap toe vra my ma of ek haar SMS gekry het, ek sê toe nee, toe ek die kar oopmaak om my en my vriendin se rugsakke in te pak sien ek dat my ma 'n klompie goed gekoop het. Toe vra ek haar vir wat dit is toe sê sy lees jou SMS’e ek haal toe my selfoon uit my rugsak en lees dat ons more vir my oom hulle gaan kuier by die rivier. Dis toe dat ek spring en YES uitskree! In die dorp... Maar my blydskap was oorweldigend! My coaches het seker gedink eks mal! maar dit maak nie saak nie! Maar ek wil ook nie by hulle weggegaan het nie. maar alles met 'n begin het 'n einde, of dit in jou leeftyd is of nie, daar is 'n begin en 'n einde!

Wel vandag was ons na hulle toe! Dit was SO lekker!!! My oom is besig om 'm dek te bou tot teen die rivier. Dit is so mooi! maar soos ons gimnaste is als word uitge”try”. Ons het amper die hele dag op die balke geloop en die kleintjies het daar gespeel! Die dek het nog nie 'n vloer nie, net die dak en die raamwerk...

Ons het mekaar ge”dare” dat ons op die enkel balke moet loop, na ete het ek eers daai goet begin trust, gimnas of nie gimnas nie, ek wil net lewe as ek weer daar weggaan! En dis redelik ver grond toe! wel toe stap my vriendin eers na die end toe en toe ek, toe ek die by die volgende paal kom toe gryp ek hom vas en sê net dankie tog! Toe moes ek weer terug stap! Toe raak dit 'n speletjie en toe gaan “pose” ons nog vir foto’s!!!!

Ons het soos gewoonlik lekker geëet! En ek het weer my neefs geniet!

Ek dink dit was die wonderlikste naweek in my lewe!

Ek en "sus"...
Die familie

HP, Ek, my vriendin en Andrè
Johan, WP en C-H
Die bobejaan ginerasie... Ekke
My vriendin.
Henry...
Neefie en Johan
Toue en stokke en seuns...

Ons kinders geniet die neefs 100%!
Ons boelie hulle! Die arme goed!
En nou is ons onder!
Nou my beurt!
Eks baie lief vir my twee "boeties"!
'n Ruskans!

Ons malles doen wawiele die skuinste af...

Gelukig was die coaches nie daar nie! LOL!
Een, twee, drie spring!
Ons "pose" net...
Smile a while!
GF - Gymnasts Forever
Smile girls!!! Or gymnasts?!?!
Henry en sy pel.
My twee neefs...
Kom wille-man! LOL!

Ek dink gimnastiek is ansteeklik!

2 comments:

  1. Gimnastiek??? Nee wat, sommer net in die bloed - hierdie bobbejaan-agtigheid.

    ReplyDelete
  2. Dis mos wat ons is, gimnastiek maak dit net erger en gee meer selfvertroue... Maar ons familie is moontlik bobbejane, hoe moet ek weet, al wat ek weet is die vier jonger as ek is definitief in die berge gevang... Sal nie weet van ons drie oudstes en die New Zealanders nie... Vir al wat jy weet is hulle ingevoer! :-P

    ReplyDelete