20 August 2009

‘n Quad ongeluk…

My neef was gisteraand in quad ongeluk, hy het teen die druiwe se ankerkabel vasgery (nogal stadig ook) en die een voorwiel het gehak. Met die gespook om die wiel uit te kry maak hy die throttle oop en die quad spring en gooi hom af dat hy op ‘n volgende ankerkabel val. Hy het ses meter van die quad af gelê. Die huishulp het gehardloop en vir my tannie gaan sê, sy het die oom wat hul help op die plaas, gestuur om te gaan kyk wat gebeur het. Nou lê hy in Wilgers met twee plekke op die rugwerwel wat gebreek het, ‘n oop maermerrie en ‘n gekraakte gewrig. Hy is met die Here se genade, nie verlam nie. Al kan hy nie sy eie matriek afskeid Vrydag bywoon nie, sal hy nog steeds ‘n wonderlike lewe kan hê!!! Ek is so bly hy is nie verlam nie of erger dood nie, ek dink nie ek sal myself kan bly as hy iets ernstigs oorkom nie, want ek is BAIE lief vir hom…

No comments:

Post a Comment