12 August 2009

"My baba gaan bly in die koshuis"

Ek was besig met skool toe my ma ‘n oproep kry , “Dis pa, hy vra jy moet asseblief kom help met Cindy! Sy moet verse toe.” Ek’t nie twee sekondes geaarsel nie, ek het soos ‘n koeël uit ‘n geweer by die huis uit gehardloop, toe ek daar kom, kyk Cinds my net aan asof ek TE laat is. My oom met ‘n bottel melk en my pa met die houer met kalf pille en ‘n hele klompie werkers sukkel om vir Cindy by die hek uit te kry. Sy loop tot in die hek, draai om en hol terug, so asof daar ‘n roofdier agter haar aan is!!! Toe sy dit die derde keer doen hardloop sy tot teen haar kampie (waar Pienkie nou in is (in Pienkie se hok is die nuwe kalfie, Socket).
Ek vat die bottel melk by my oom en die houer pille by my pa en stap reguit na Cinds waar sy lang haar pel, Pienkie staan, sy het my aangekyk so of ek al uitweg sal kan wees. Toe loop sy met mening na my toe en eet die pille, ek stap toe stadig maar tog met ‘n doel hek toe, met haar kop in die pak loop ek en sy sonder moeite by die hek uit. Seker so tien meter van die hek af gaan staan sy bot stil en bespied wat om haar aangaan, so of niks haar pla nie sit sy haar kop weer in die bak en begin weer rustig vreet. Ek laat my nie twee keer nooi nie en ek loop weer aan.Toe ons by die verse in stap, kyk hulle eers die “mal” kalf aan (sy loop dan so na aan daai gediertes op twee bene), toe kry hulle die hol koors!!! Arme Cindy weet nie wat nou aangaan nie en besluit toe om ook te hol. Dit was skreeu snaaks, sy kon nooit in haar kampie hardloop nie, dit was te klein, al wat sy in die kampie kon doen, was bok… So sy het bok-bok gehardloop.Nou kry sy minder melk en pille ;-(. Dit gebeur nie as haar me vir haar melkof pille gee nie(hulle gee vir haar 700ml en ek top die bottel op met water tot heel bo, hulle gee vir haar 2 (afgeskraapte) blikkies pille en ek hoop die blikkies op en gooi so ‘n bietjie ekstra nog by).

No comments:

Post a Comment