13 August 2009

Dit gaan so-so met Cindy

Cindy word weggestoot en gestamp by die bale en water, maar as ek ‘n tydjie kry, gaan staan ek langs haar dat sy kan vreet of water drink. As ek haar naam roep tel sy haar kop op en spits haar ore, dan is dit amper asof sy weet nou speel ons wegkruipertjie en dan soek sy my tot sy my kry. Dit is so lekker as sy my hare sopnat lek en dit bietjie kou so asof dit die “in die mode” gras is of as sy my gesig was of met my kop stamp of my onder my boud haak as sy wil hê ek moet saam met haar stap. Dis ‘n gesukkel om van haar ‘n ordentlike foto te neem, sy kom elke keer na my toe en loop my dan amper onderste bo.
Socket is ‘n redelike moeilike kalf, al wat jy moet doen, is hom vang die tiet in sy mond sit en hom bietjie help, hy het glad nie baie krag nie maar kan darem suig.
Pienkie verlang haar dood na Cindy en sy bulk heeldag deur, maar dis darem beter as gister…

No comments:

Post a Comment