13 August 2009

Ek ken 'n koei...

Een van ons verse gaan een of andertyd kalf! Ek is so opgewonde daaroor, maar wanneer kom die sogenaamde kalf? Wel, vanoggend het ek gou ‘n draai by Cindy gaan maak en gesien die vers tree snaaks op, sy lyk soos ‘n kat met ‘n opgetrekte rug. Nadat ek haar vir ongeveer vyf minute dop gehou het, let ek dat haar water gebreek het en dat sy nou-nou gaan kalf!
Toe hardloop ek na my oom en my pa toe en gee die nuus vir hulle. Hul al twee dink toe ek suig my duim, ek meen, hoe kan ‘n hoërskool MEISIE weet na watse tekens gekyk word om te sê of ‘n koei of vers gaan kalf. Wel, ek het vir hulle bewys dat ek slim is, sommer baie ook.
Toe sê my pa en oom dat ek en my spul broers haar moet dop hou (oordat baie ander verse sukkel om te kalf). En ons moet ook kyk of die kalfie vorentoe of agtertoe val, want iemand het eenkeer vir hulle gesê jy kan vêr staan en kyk en jy sal weet wat die of dit manlik of vroulik is (as die kalfie opstaan en vorentoe val is dit ‘n bulletjie en as sy op haar boud val is dit ‘n versie)en hulle wil weet of dit waar is…
Ek kry toe so ‘n skelm smile op my gesig, want dis mos simpel!
Ons staan toe en kyk hoe die kalfie gebore en skoon gelek word. Dit vat ‘n ewigheid! Toe die kalfie uiteindelik probeer opstaan val hy vorentoe en na die derde probeerslag slaag hy daarin om op sy bene te bly. Dit het net so lank gevat voordat hy die eerste keer suip… En ag ma maar dis ‘cute!’
Toe my pa en oom later terug is van hul werk iewers op die plaas, om te kom eet, wil hulle weet watter kant toe die kalf geval het, ek sê to ‘vorentoe’ en ons gaan kyk toe wat dit is (‘n bulletjie of ‘n versie). Sowaar as wragtig dis ‘n bulletjie!
Daar leer ek toe sommer nog iets!
En deel weer name uit, sy naam is Chocolate…

No comments:

Post a Comment