09 September 2009

Terug van vakansie af.

Ons was wildtuin toe en het die hitte ordentlik ervaar! Ek meen hier praat ons van veertigs! My pa sê hy dink daar is iets fout met die kar se termometer, nadat ons 44˚C beleef het. Al wat ek sê is dankie tog, die kar het aircon. En natuurlik toe ons by die huis is, “oos wes, tuis bes.”
Wel ek kan nou nie sê ons het niks gesien nie. Ons het die groot 5, hiënas, ‘n rooikat en ‘n rooijakkals gesien, dan wat seker nou nie baie snaaks is vir die noorde nie, was ‘n eland, njalas (derduisende!), bastergemsbokke, basterhartbeeste en die normale goed.
Ek het vir my ‘n kamera gekoop en dit getoets in die wildtuin, dit was lekker! Ek is mal oor foto’s neem!

















2 comments:

  1. Ek wonder of jy hierdie foto's almal self geneem het. Hulle is pragtig, veral die negende een.

    ReplyDelete
  2. Tussen my pa en ma is al die foto's geneem.

    ReplyDelete