10 September 2009

My baba is uit die huis uit!!!

Saam met die “Dankie, tog ons is by die huis” sug, het ek ook ‘n paar trane gestort…Ek het die nuus gekry dat Cindy die 4de September, saam met die verse, weg is van die kampie by die huis na ‘n kamp by vêr van die huis. Ek gaan kuier toe vir haar en op pad soontoe sê my pa dat my oom vir hom gesê het Cindy is nie meer gepla oor mense nie, toe is ek lus en ‘crack’. Wel, ons stop toe in die trop en ek roep “Cindy! Waar’s jy ma,” sy ruk haar kop op, spits haar ore en kyk rond. Toe sy my nie sien nie, gee sy moed op. Toe klim ek uit en stap praat saam na haar toe, die dom ou Hoed staan toe reg voor haar en sy sien my nie. Maar toe sy my sien is dit amper of haar oë meer blink as ooit vantevore! Ag, toe vryf en stamp ons kop, ek het ‘n spul soene gekry en sy ook!!! Eks baie lief vir haar! Geen ander dier sal my mag soen nie.Eks baie lief vir Cinds en moet nou maar ‘n “in-love” foto opsit! LOL!

No comments:

Post a Comment