06 December 2009

Ekt vandag gescarifier

Ek het vandag vir die eerste keer gescarifier! Dis vrek lekker tot jy by omdraai en terug ry kom! Dis ‘n gespook en ‘n gespartel en dan is die grond nog klam ook! Net reg vir spin!!! My pa wou hê ek moet uit die land uitry en dan reverse en weer in die land terug draai ens. Ek het een draai (soontoe en terug) saam met hom gery en amper ‘n hou en ‘n half gekry om reguit en in lyn ens. te wees, dat ek nie oor die wat ek klaar gescarifier gaan nie en dat ek ook nie gapings oop los waar ek glad nie gewerk het nie. Jy kyk oor die voorwiel (wat so te sê ‘n driehoek maak) se boonste punt dan volg jy ‘n wal tot aan die anderkant van die land uit...

Ek het dit so gedoen en een draai stoksiel alleen gemaak en lekker gespin in for-wheel-drive toe bel ek my ma en sê sy moet my kom help draai, want om die treintjie reguit agtermekaar te hou is nie ‘n grap nie dis een ding om met ‘n bakkie of trekker te reverse sonder ‘n waentjie maar met ‘n waentjie of ‘n implement met twee of vier wiele is erg en dan kan die implement ook nog aan die groot agterwiele haak! Ek het dit amper twee keer reggekry dan ry ek maar net vorentoe en reverse weer!

Toe stuur my ma my oom om my te kom help toe ry ek ‘n draai saam met hom en hy verduidelik my hoe om makliker te draai, (nie die reverse storie nie!) en dan om dit nog makliker te maak haal die trekker net uit for-wheel-drive uit, (want jy wen 15cm op jou steering en basically ‘n meter op die grond!).

Toe het ek drie draaie weer alleen gery en toe bel my pa want dis etenstyd. Na ete toe bel die buurman en sê ons beeste boer by hom en hy’t klaar geplant. Toe gaan jaag ons eers die beeste uit die land en maak weer die draad reg. Toe begin dit reën! En my Saterdagmiddag raak toe boring, want toe is ons land toe en het die grond (wat nou nat gereën is. So dit kleilat klei) van die scarifier se tande af gekrap en terug gery huis toe net om na ‘n halfuur te sien die son kom weer uit.

Maar soos ek al genoem het, turf is nie jou maat nie, as hy nat is klou hy soos klitsgras of knapse-kêrel! En dan pak hy op en raak soos sement!

05 December 2009

Oggend foto’s

Vroeg oggend foto’s is altyd mooi foto’s! Ek en my drie broers en my een nefie (wat nes my broer is) het almal gisteraand in ‘n tweemantent in die tuin geslaap net vir die fun daarvan. Kamp is mos lekker al is dit in jou tuin, dis mos vir die avontuur daarvan!

Ons het trampoline tot half tien gespring toe begin kleinboet kla oor hoe moeg hy is en ek het toe maar saam met hom in die tent gaan lê. Toe het die res nog lantern bekruip tot seker elfuur en toe gaan monopoly speel. Toe ek my kon kry toes dit al amper twaalf uur en die wind waai so, dat ek skoon soos een van die drie varkies voel toe gaan roep ek die seuns en neem gou die volmaan af.

Die volgende oggend voor die son opkom toe word hulle weer wakker en ek saam met hulle (kleinboet slaap daardeur als soos ‘n klip), hulle wil gaan jag en ek vra toe eers vir ‘n paar foto’s voor die son op is en ek het dit toe gekry!!!

Vloede... van die laaste paar jaar

Dis nou weer naby aan my verjaarsdag en ons is in ‘n reënseisoen, die tyd waarin daar party maal oorstromings is en die grondpad wat voor die huis verby loop soos ‘n rivier afkom! Dis nogal lekker vir my as “mal girl,” ek meen dis modder, water, skuim, gumboots en reënjasse ek lyk soos ‘n olifant in my pa sin (hy trek hom nie aan nie, want as hy werk het hy nie tyd vir ‘n dun jas nie nou gebruik ek hom).Die water het altyd in my tannie se huis ingestroom, (op die turf is huisbou maar ‘n tricky een, my ouma se huis is op ‘n heuwel gebou, ons sin is in ‘n effense gat en my tannie hulle sin in ‘n gat) en bietjie-bietjie in ons sin. Toe gooi hulle ‘n hoër gruispad om die huise om te keer dat die water in die huise inloop. Nou loop dit net in die pad af en om die huise.Hier’s ‘n paar foto’s wat ek al geneem het met vloede:

Vloed – 24 November 2007

Vloed – 23 Januarie 2008

Vloed – 14 November 2008

Vloed – 15 November 2008

Vloed – 31 Januarie 2009

30 November 2009

Slang seil en sis

Ons het vandag op die sand plaas ‘n draai gaan maak om te kyk of alles nog reg en in plek is want ons maak reg om die beeste soontoe te trek (ek kan nie wag nie). Ons stop toe by die sementdam. Die dam en trappies en ‘n klein kamertjie waar op ‘n drom staan is aanmekaar vas gebou. By die dam is ek en kleinboet eerste uit en ons hardloop op die ongelyke paadjie vol oliebome, stene en stukke hout, toe die trappies op en bo gekom gaan ek staan en wag vir kleinboet. Ek steek toe my hand uit en wil teen die kamertjie leun, maar voor ek aan die kamertjie raak sien ek vir Luisie ons ou vriend wat ons uit die dam gered het. Maar kyk so lief soos ek vir ‘n luislang is so groot het ek geskrik! Ek spring toe op die damwal (dit in ‘n millisekonde) en skree vir kleinboet “pasop! Luislang!” my nefie sê ek het gesê “passsop!! Luissssslang!!!”

Ek kan bly wees ek het nie in die dam gespring toe ek geskrik het nie, want daar was twee dooie watervoëls en ‘n slang in, die stukkies vleis het in die water gedryf en daar was wurms, alge en die vrot karkasse. Dit her gruesome gelyk!

My pa en oom gaan eers die dam uittap en die gagga goed uithaal voor hulle weer gaan begin water intap.


26 November 2009

'n Welkom-terug koek!

My ma was vir amper twee weke na haar boetie toe in New Zealand. Dit vat nogal guts om ‘n huisgesin van 5 te run! Dis ek, my pa en die 3 boeties. Ek het toe besluit om ‘n welkom terug koek te bak vir my ma!

In die hitte het ek dit toe gedoen! Die geluk was aan my kant dat niks geflop het nie! Ek het in 2008 ‘n kursus vir koekversiering van my ouma af gekry, maar ek het nooit die prakties gedoen nie... Ek vat toe al die boeke en goeters wat ek gekry het vir die kursus en ek doen toe my prakties! Watch hoe’t my koek uitgekom:

13 November 2009

Ek het dit!

Julle ek't omtrent gebid dat ek die gimnastiek prys uitdeling kan bywoon! Ek het tot Saterdag by Socket gaan sit en ek't vir hom als vertel, mamma vlieg die 13de en die 12de is dit die prysuitdeling en pa sê ons gaan nie gaan nie, want die volgende dag is ons die hele dag in Pretoria en dan nog lughawe toe ook! Ek wil so graag gaan.

Arme Socket se ore was seker seer! Ek’t die hele Saterdag oggend van negeuur tot twaalfuur by hom gesit ek't tot aan die slaap geraak op sy magie! Die gekraak van die gras het my wakker gemaak en toe ek opkyk toe is dit die een werker wat vir Socket kom melk gee! Toe ek eindelik oor die storie dat ek nie die prysuitdeling kan bywoon nie is, toe swaai my pa se besluit!

Toe sê hy ons sal by die prysuitdeling wees, maar ons SAL die laaste oefening opgee om my ma te gaan haal! Ek pars toe net daar en dan weer uit in trane! Ek kan dit net nie glo nie! Nou moet ek my laaste en wonderlikste en lekkerste en beste (als wat positief is) oefening opoffer vir die stad, met sy mense wat so koud soos ys lyk en niemand wat eers vir my sal smile of my groet nie. En daarby als mag my pa ook dalk net grumpy wees en ek sal in elk geval nie met my ma mag praat op pad huis toe nie so wat wil ek daar gaan maak? Actually, sweet-blue-blou-boggerol! Niks is positief nie! Net dat ons my ma gaan haal. Maar dis nie waaroor die storie eintlik gaan nie!

Ek kry toe by die prysuitdeling: “WAG, Level 1, Beste vordering”!

Ek was so verbaas! Ek en my gimnastiek vriendin het net voor ons trofee’s uitgedeel word vir mekaar gefluister en probeer raai wie wat gaan kry! Sy sê toe ek gaan beste vordering kry! En...

Ek kan dit nie glo nie!!!

Coaches, thanks vir als wat julle doen, waarmee julle my help, vir elke warm smile, vir ALS, julle weet wat tel! Julle is die beste!!!

09 November 2009

By my neefs, my big brothers...

Kyk as daar iemand is waarvoor ek baie lief is, is dit my twee neefs. (Die een wat in die motorfiets ongeluk was en sy boer.) Dit mag dalk wees oordat hul ouer as ek is... Maar dit maak nie saak hoekom nie! Eks net BAIE lief vir hulle!!!

Volgens “oorlewing” het my neefs inplaas van niggie vir my “liggie” genoem… En as jy sê ons gaan daar kuier, is ek net in die wolke, dans dit hemel op aarde! Nie dat hulle, hulle veel aan my steur nie, (ek is maar net die enigste nig vir hul) hul baklei maar net so lekker met my. Die een wat in die ongeluk was is 4 jaar ouer as ek en sy broer 2 jaar. Hulle het 'n stukkie grond langs die Olifants rivier, en ons kuier baai keer daar.
Dis so lekker om die natuur so te beleef! Maar om die natuur op 'n quad te beleef is iets uit die boonste rakke!
My pa wil nie vir ons quads koop nie hy is maar versigtig, maar as ons daar kom is dit altyd my wens “asb. kan ons nie gaan quad ry nie” ek sê dit nooit, maar in my kop smeek ek. En net partymaal ry ons.
Vandag was ons rivier, pakstoor, beeste en boorde toe.Dis vrek lekker!
My tannie en oom is ook ‘n treat en a half!
Sussa:
Ek's BAIE LIEF vir jul al vier!!!